lila vink se profielblad

lila vink

Inligting oor lila vink

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 11 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 22 ure


Vanoggend sit ek soos meeste wind jaers, in die verkeer, en dink aan my lewe. Oor bietjie meer as ‘n anno, is ek ‘n volle veertig.
Ek vier hierdie jaar my mondigwording as ‘n skoolverlater, en matriek beteken niks meer of minder as in 1990 nie.
Ek het ‘n pragtige 7jarige rooikop, en ‘n man met die mooiste blou oe, en sagste hart, dat ek partykeer skaam kry as ek my nommer viers so gewenteloos daaroor laat spykerskoen.
Terwyl ek sistematies ratte verander, rook by die venster uitblaas, en na just plain Darren luister, kan ek nie die stemmetjie in my kop stil kry nie, die een wat se, lila hoekom skryf jy nie meer nie? Die selfde stemmetjie wat se, jy soek redes om nie te skryf nie, jy soek verskonings om nie in jou hart rond te grawe nie.
My hart het oor die laaste drie jaar in ‘n roostuin verander, maar tussen al die mooi blomme en lekker reuke, is daar ‘n klein spasie vir my tuin afval.
My gister se hopie: My neederlae, vernederings, verbrokelings, mislukkings:
Vannoggend in die verkeer tussen taxi’s en aunties met weird haarstyle, agter kinders op ‘n bakkie en voor ‘n oompie in ‘n taz… het ek aan gister gedink.
Moet nooit dat gister jou in kettings kry nie- vertoef ‘n bietjie- maar maak seker dat jy vir vandag leef, sodat more ‘n nuwe gister kan word.
Liefde, Lila



lila vink se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 55
Totale kommentaar : 44
Aantal mense wat die bydraer volg : 3

Geen nuwe bydraes deur lila vink

     

    ORAL IS MY GOD

    deur Johann P. Boshoff

    N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar