LOA se profielblad

LOA

Inligting oor LOA

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 12 jaar 2 maande 3 dae 23 ure


Loa was nog altyd my bynaam maar my naam is Louis. Ek is 41, alleenloper maar ek het twee pragtige tiener kinders wat 'n groot anker, inspirasie en vreugde in my lewe is. Ek werk nie baie met mense nie, ek werk met klippe. Maar elke dag besef ek al hoe meer dat mense soos klippe is. Tyd het hulle gevorm. Tyd het lae in hulle neergele, soms dik lae, soms dun lae. Sommige klippe (mense) is glad en rond, ander skerp en moeilik om aan te vat. Sommiges sag, ander hard, sommiges vol voedingstowwe, ander vol gif. Kontraste, dis wat mense maak wat hulle is. Goed en sleg. Tyd is 'n wonderlike ding. Dit verweer die hardste klip (mens) tot die sagtse sand. Dit vat sagte sand, le dit in lae neer en maak die hardste klip. Tyd genees wonde, tyd maak heel. Tyd vernietig, tyd bou op.



LOA se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 12
Totale kommentaar : 24
Aantal mense wat die bydraer volg : 3

Geen nuwe bydraes deur LOA

     

    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar