Losves se profielblad

Losves

Inligting oor Losves

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte & Gorrel

Lid vir 13 jaar 3 maande 3 weke 23 ure


Die tuiste van 'n rustelose siel, partymale effens deurmekaar en confused, meestal heeltemal so.

My 'gedigte' skrywery het op universiteit begin nadat 'n goeie vriendin se dogtertjie in 'n motor ongeluk dood is - sien Vir Zoina onder gedigte. Van toe af het ek aan en af geskryf, meestal soos die gier my beetgepak het, selde as dit goed met my emosioneel gegaan het.

Die gedigte volg nie opmekaar nie - soms skryf ek 'n gedig as gevolg van 'n herinneringe van iets wat jare terug gebeur het - sal dus nie my lewensverhaal in terme van tydverloop kan volg nie.

My storie skrywery het begin toe ek allerhande stories vir my kinders moes vertel en hulle uitdruklike 'opgemaakte' stories wou hoor. Vandaar het die Avonture van Viela Vlooi en Lybel (Bybel) Stories hulle oorsprong gehad. Een van die reels vir my storie vertellery was dat dit buitensporig moes wees, iets wat julle wel sal agterkom as julle van die verhale lees.

Die Hardloop- en Mense Wat Ek Geken Het stories is tagtig persent onverwerkte waarheid,met so tien persent kreatiewe beeldspraak en so tien persent kreatiewe liegwerk - die mense het regtig geleef (sommiges seker nou nog) en die situasies het regtig plaasgevind, ek het so hier en daar name verander of uitgelos om die skuldiges verdere gespot te bespaar. Indien jy jouself in enige storie herken, wees bly dat jy iemand anders se lewe meer pret gemaak het.

Vir my as dit 'n groot oomblik toe die bekende dirigent en koorleier, Richter Grimbeeck, my gevra het of hulle een van my gedigte, Wit Roos, kon toonset. Die liedjie is deur die Universiteit van Pretoria se koor op 18 Oktober 2008 as deel van hulle 100 jarige feesviering in die Mosaion opgevoer.

Ek het geen formele opleiding in die skryfkuns nie (ook iets wat julle gou sal agterkom) - sal nie die verskil tussen en voorsetsel of agtersetsel of enige ander letsel herken al loop ek dit in helder daglig in Sandton raak, so vergewe maar die spel en veral taal foute, om nie eers van styl te praat nie.

Kommentaar is baie welkom, goed of sleg. Vir die van julle wat kommentaar gelewer het, ek is oorweldig deur julle insette en ondersteuning. Ek skryf eintlik nie, die storie of gedigte skryf hulle self - ek moet maar net gewillig wees om met een vinger dit te tik en is dikwels verbaas oor die wending wat 'n idee of emosie neem as ek die voltooide stuk lees.

Behalwe skryf en gorrelstories vertel, is ek lief vir lees (waaruit ek iets kan leer), lief vir die buitelewe en om om 'n kampvuur te sit en filosofeer.


Groete



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar