Premium+ Lid
Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale, Gedigte & Gorrel
Lid vir 6 jaar 2 weke 6 dae 7 ure
Goeiedag Mede-Woesters
Ek lees en skryf kompulsief en obsessief elke dag van my lewe. Ek werk voor die rekenaar en ek ontspan voor die rekenaar. My dae is gevul met woorde, sinne en paragrawe en my brein skommel die alfabet voortdurend.
Ek doen vryskutskryfwerk en van my artikels verskyn op verskeie webtuistes en aanlyn-publikasies.
Ek blog ook op my eie blogtuistes by
www.lifecourant.wordpress.com en www.eksemplaar.wordpress.com Gaan loer gerus in en volg my.
Ek is ook 'n ywerige amateur fotograaf en lid van www.fotoskool.co.za en gebruik graag my eie foto's saam met my artikels.
My doelwit vir 2015 is om 'n vollengte roman die lig te laat sien en om dalk 'n paar novellas op www.amazon.com as e-boeke te publiseer.
(Terloops: Ek is al vir langer as 6 jaar lid van Woes, maar onder 'n skuilnaam - ek sien uit daarna om ná 'n onaktiewe periode weer aktief en pens-en-pootjies my tussen al die Woesternasies en Woesternye te begewe. 2015 - Hier kom ek!)
Louise Viljoen se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 26
Totale kommentaar : 166
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur Louise Viljoen
deur Elzabe Young Heyns
'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.