Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke & Resensies
Lid vir 1 jaar 11 maande 4 dae 2 ure 52 minute
Ek is Annelise. Ek skryf erotiek - in Afrikaans. Voordat my eerste boek, Maanvrug, gepubliseer is, was ek baie bang vir die reaksie van my volk. Ek het verwag dat hulle my sou stening ('n paar het, maar dis baie min) juis omdat seks vir hulle om een of ander rede 'n groter sonde is as al die ander sondes saam.
Ek was verbaas. My boek(e) het baie goed verkoop en ek het honderde briewe van mans en vroue gekry oor hoe hulle presies verstaan wat ek bedoel en hoe hulle nou nie meer so eensaam voel nie.
Die Afrikaner is, na my mening, seksueel patologies. Dit word weerspieël in die briewe in koerante en kommentaar op die radio. Vir ons is 'n moontlike pornografie-kanaal waarvoor net die wat kies sal betaal en kan kyk, erger as misdaad. (Vergelyk hoeveel handtekeninge vinnig daarteen ingesamel is teenoor die teen misdaad).
Ek is seks-positief. Dit beteken dat ek glo dat seks 'n wonderlike, heerlike geskenk is. Ek glo in passie en wellus en orgasmes. As jy meer wil lees op 'n webwerf vir volwassenes, besoek gerus www.goddess-unlimited.co.za
Jy sal geprikkel word - selfs al sal jy dit nooit erken nie!

Maangodin se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 10
Totale kere gelees : 4,801
Totale kommentaar : 89
Aantal mense wat die bydraer volg : 6
Geen nuwe bydraes deur Maangodin

deur Delene de Wet
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloƫ en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.