Mahdokt se profielblad

Mahdokt

Inligting oor Mahdokt

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke & Gedigte

Lid vir 11 jaar 4 maande 1 week 6 dae 4 ure


My engelse werkies is te lees op www.mabooki, dankie Willem Woes:

ʼn Aantal van my gedigte word opgedra aan elke man, vrou en kind wat ooit seksueel gemolesteer was of verkrag was, julle sal hulle kan eien, ook aan die:
 
MONSTERS WAT BLOEDSKANDE PLEEG IN ONS VROME AFRIKANER GEMEENSKAP, AAN DIE WAT KINDERS EN VROUE VERKRAG.
 
JULLE STEEL ONS LEWENS, VERNIETIG ONS TOEKOMS, VERINNEWEER ONS NAGESLAG! ONTHOU VRIEND / VRIENDIN, DAAR IS ʼn SKEPPER IN DIE HEMEL VOOR WIE JY EENDAG GAAN STAAN EN JY SAL SY VRAE MOET ANTWOORD.
 
HOE GAAN JY JOU DADE WEGPRAAT, REGPRAAT OF GOEDPRAAT?
 
OOK AAN ALLE VROUE WAT WILLENS EN WETENS DIE DADE VAN HIERDIE MONSTERS VERBERG SODAT HULLE WEER EN WEER KAN VERNIETIG EN VERSLIND, JOU OORDEELSDAG WAG OOK OP JOU.

Ek haal aan:

Markus 9:42 (1953 vertaling)

En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ʼn meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

JOU SKEPPER WAG VIR JOU!

Ter inligting: ek is die nasaat van n gesiene familie, nie dat dit vir iets tel nie, het in rykmansbuurt gebly, daar op skuldbult in Pretoria, hierdie euwel vind plaas dwarsdeur die hele spektrum van verrotte mensdom, van skatryk tot brandarm.
 
Hoeveel vrouens ken jy met ʼn storie van ʼn oom, ʼn oupa, ʼn pa, ʼn stiefpa, ʼn broer, ʼn neef of ʼn geliefde en vertroude huisvriend?

Ek is ʼn blanke vrou, 55 jaar oud, geskei na ʼn huwelik van 35 jaar in 2007, het ʼn seun en ʼn dogter. My dogter en seun het my die trotse ouma gemaak van drie pragtige kleinkinders, dogtertjies, die een so volmaak en pragtig soos die ander een en ek prys en dank my Skepper vir hulle in my lewe.

Ek woon in ʼn tuinwoonstel by my dogter, na ʼn interessante loopbaan en lewe, vol bloed, geweld, moord en doodslag, bloedskande, verkragting, drank en dwelmmisbruik, gru beelde en okkultiese satanisme.

Ek was ʼn geswore okkultiese satanis vir 40 jaar, ek het nie geglo dat daar ʼn Skepper of ʼn Verlosser was vir die vrot wereld nie, ek het klippad langs groot geraak en het altyd gesê as daar ʼn Goeie Vader in die hemel is, hoekom laat Hy toe dat hierdie dinge met ʼn mens gebeur, ʼn kind.
 
So het ek dieper en dieper die moeras ingesink, goed verblind, dom, onnosel, Hom aanspreeklik gehou vir verrotte siek mense se dade, dienaars van die donker een,  asook my eie verkeerde keuses.

Op 4 April 2007, het Hy na my geroep waar ek gesit het met ʼn vuurwapen se loop in my mond, twee moorde fyn beplan, my euwele ritueel gedoen. Ek het hierdie keer Sy stem gehoor, dankie Abba Vader, ek is nou gered, vrygemaak, heelgemaak, skoongemaak.

Ek poog nou om ander mense wat so vasgevang sit in die leuen van die donker een, te help deur my eie ervaringe en verlossing met hulle te deel.
 
Abba bring diegene vir my, mense wat verkrag of gemolesteer is, kollegas en vriende uit my eie tydvak asook sataniste, die verwerptes, die vervloektes, die drek van die gemeenskap, soos dit Hom behaag.
 
Ek was daar, een van hulle, ek het die skoene gedra, het my papiere en my t-shirt gekry in die skool van die lewe.

Die enigste skryfwerk wat ek ooit gedoen het, was offisiële verslae, verklarings ens, ek het nooit geweet dat daar ander woorde in my lê nie. Ek het altyd gesê, ek kan baie goed kook, outydse kos, brood bak, botter maak ens, asook skiet, baklei en het baie gehou van rum en coke, Red Heart rum bygesê, drink nog af en toe een van die sonder ys soos ons dit destyds gedoen het, so baie lank terug nou.

Van verfyndheid, strikkies, naaldwerk en al daai ander vroulike dinge het ek nie veel geweet nie, weet vandag nog nie daarvan nie, dit is nie ek nie. Gedigte skryf? Is jy van jou sinne berowe, sou ek jou toegesnou het.

Op 12 Junie 2008 neem ʼn vriend my uit vir ete in Mosselbaai en daar onder by daai lekker upstairs seekos restaurant begin hy vir my vrae vra oor dinge van lank gelede, die jaar toe ek 13 geword het.
 
Hy was die eerste mens wat ooit met my daaroor gepraat het of my daarna gevra het, my tyd in die malhuis en wat hulle daar met my gedoen het na my verkragting.

In die proses het hy vir my so onwetend, die laaste sleutel gegee tot my eie psige, daai laaste deur se sleutel wat gelei het tot die geboorte van hierdie gedigte wat nou so in my kook en borrel wat moet uit op papier.

Die eerste gedig is daardie nag gebore, ek sê gebore want vir my was dit letterlik soos geboorte skenk, ʼn stuk van my siel uit my uitgeruk deur my vinger wat die gedig op my selfoon getik het, ek het nie ʼn pen en papier gehad nie,van daardie dag af, kook ek.

Ek noem die gawe Abba se besem want so vee Hy my skoon van al die lelik en die pyn en die hartseer wat in my vasgevang was, so ook leer ek van die hoop wat nou in my lê, hier iewers binne in my, op ʼn beter more, ʼngeseënde toekoms as ek bly op Sy weg en in Sy Lig.

Van my gedigte lees soos grepies uit my donker lewe, dit begin daar by die begin deur die seksuele molestering deur ʼn vrou op 5, ʼn geweldadige verkragting op 13, was in ʼn malhuis vir ʼn paar maande na dit, deur satanisme, bloedskande, n vervloekte ongelukkige huwelik, drankmisbruik, owerspel, die geweld wat ek beleef het deur my loopbaan, egskeiding, bekering, verlossing, dankie Abba Vader.

Ek vra julle hier, ek weet niks van spelreëls, taalreëls en al daai ander regulasies en style en wat nog, wees asseblief eerlik met my, ek het ʼn baie goeie sin vir humor. As dit sleg is, sê my, as dit goed is, sê my ook, as daar hoop is, maak my bly, ek sal nie beledig voel nie.

Alle kopiereg word behou op enige skrywes deur die outeur.

Dankie vir julle belangstelling ek waardeer dit en vir jou wat hier lees, vrede wens ek jou toe, die shalom van YHVH Yahusha.


Mahdokt Walter


Naskrif:

Ek aanbid YHVH, die Skepper van Hemel en Aarde, deur Sy Seun, Yahusha, my Verlosser, my Regverdige Regter, my Advokaat, my Geregtigheid, Hy wat vir my gesterf het aan die folterpaal wat weer opgestaan het op die derde dag en opgevaar het na die hemel waar Hy sit aan die regterhand van my Vader YHVH, Hy wat sal kom om te oordeel die lewendes en die dooies en ek dank en loof en prys Hom, YHVH vir die Ruach ha Kodesh, my Trooster en my Leermeester wat Hy oor my uitgestort het, day Hy my leer en my lei op my pad. Ek aanbid Hom in Gees en in Waarheid. Die vrou wat ek was het gesterf saam met Hom en Hy het my beklee met die nuwe mens, dankie Abba Vader

Amein

Vra ʼn satanis om hierdie belydenis hardop voor te dra net soos dit geskryf staan en kyk die reaksie.


 





 



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar