mariette gerber se profielblad

mariette gerber

Inligting oor mariette gerber

Bydrae-kategorie: Artikels, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 14 jaar 9 maande 1 week 4 dae 15 ure


“n Afrikaanse onderwyseres het dit goed gedink om ons klomp matrieks, 'n projek te gee. Ons
moes 'n liefdesgedig skryf. Daar was geen voorgeskrewe reels nie. Met die skryf van daardie
gedig, (en vele van my klasmaats se gedigte), het ek bewus geraak van die passie om in woorde
weer te gee, wat ek sien, wat ek hoor en wat ek voel.

Dit is daardie ding wat jou in die middel van die nag wakker maak, sodat jy by 'n flou
lampliggie, met net 'n notaboek en pen gaan sit en die woorde en gedagtes op papier laat
uitborrel.

Ek het my passie afgeskeep. As jong vrou, het ek 'n goeie resensie gehad op 'n voorlegging van
'n bundel gedigte. Die boodskap was duidelik: Dis goed, maar kort nog baie werk...

Ek het ook geslaag daarin om 'n paar agterblaaie te haal met kort, satiriese sketse, 'n
radiodrama wat voorgelees was en toe 'n artikel in 'n bekende tydskrif oor die lewe in 'n
nurokliniek. Hierdie artikel het opslae gemaak en ek was deur twee uitgewers genader om die
artikel te verwerk na boekvorm. Ek kon dit nie doen nie. 'n Storie het 'n “kop”, 'n “lyf” en 'n
“stert”. Dit was 'n uiters moeilike tydstip van my lewe en dit was vir my onmoontlik om 'n
“stert” te skryf, as ek self nie geweet het wat die “stert” is nie.

Ek het myself voorgeneem om nooit weer te skryf nie. Ek het gedink ek is nie “goed genoeg”
nie. Die blootlegging van my hart en siel, was ook te pynlik. Tot op 'n dag, wat ek die “woes
webtuiste” ontdek het. Ek het registreer, maar geen idee gehad wat om verder te doen nie. My
eerste bydrae was “Janneman bak 'n koek”, wat nou ook publiseer is in 'n privaatskool se
Afrikaanse handboek. Daarna het ek tentatief elke nou-en-dan ietsie gelaai, sonder om te
weet, waarheen ek nou eintlik oppad is. Maar die passie het weer wakker geword en alhoewel
my gramatika soms swak is en ek leestekens , soos alfabetsop ingooi en gebruik, is ek aan die
skryf.

'n Afspraak met Eva, gesprekke met vroue oor hul diepste geheime, is gebore. Ek identifiseer
met vroue se lyding oor die eeue heen. Ten spyte van uitsonderlike vooruitgang en wette om
vroue te beskerm, gaan die lyding steeds voort.

Hiermee verklaar ek beslis nie dat ek 'n feminis is, wat gillend met 'n banier in die strate wil
rondharloop, of my bra in die publiek wil verbrand nie. Ek wil bloot met hierdie stories hulde
bring aan vroue se weerloosheid, maar ook hul sterkte, wat hul staande hou tydens soms
uiters pynlike en ondraaglike situasies in hierdie “ding”, wat ons LEWE noem!

Aan al my getroue lesers (manne en vroue), dankie vir jul kommentaar en aanmoediging. Dit
is die barometer waaraan ek myself meet en die inspirasie om voort te gaan.

Iemand het eendag gese dat om te skryf “10% inspirasie en 90% perspirasie is.” Ek het
besluit om my luiheid te laat staan en te werk, want ek kan vandag onomwonde verklaar dat
ek hart en siel 'n storiemens is.




Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar