Bydrae-kategorie: Artikels, Kortverhale & Gedigte
Lid vir 5 jaar 2 weke 6 dae 10 ure 36 minute
MARTHA MARIA JONES
Ek is in Namakwaland gebore en het vir ’n wyle in Namibië gewoon, waarna ons Brits toe getrek het. Ek, my man Johan en dogter Adriana bly nog steeds in Brits na amper ses jaar.
Ek het hier aangesluit by die plaaslike digters groep Woordlikeur (Eglentier Digters) waar ek geleer het om die skaaf werk aan my gedigte te doen. Van my gedigte het onder andere verskyn in bundels van Die Woordgilde. In 2004 het my gedig “joune: boorde vol van jou” ’n prys in die jaarlikse Woordgilde-Kompetisie gewen. Verse was ook opgeneem in die ATKV-Woordfabriek-bundel, die Christian Poetry Association bundel en Poetry Institute of Africa se-bundel en Skole-bundel:Litterati. Ek is self-aangestelde redaktrise van die Reizigers – ’n e-pos nuusbrief wat verskeie digters se verse publiseer, plaaslike sowel as een of twee digters van Namibië.
Die verse in my eerste bundel, “gedoria”, volg nie ’n spesifieke tema nie. Daar is verse oor Ingrid, swangerskap, liefde (volwasse sowel as bloeiende liefde), Judas, identiteit/dwelms/prostitusie; asook meelewing met die mensdom en sy kuns.

Martha Maria Jones se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 32
Totale kere gelees : 11,915
Totale kommentaar : 49
Aantal mense wat die bydraer volg : 3
Geen nuwe bydraes deur Martha Maria Jones

