Masjantie se profielblad

Masjantie

Inligting oor Masjantie

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 5 jaar 9 maande 1 dag 11 ure


Ek is 'n 21 jarige wat skryf vir ontvlugting.

Ek is 'n absolute boekwurm en word geinspireer deur my gevoelens en die natuur.

My liefde vir skryf het ek definitief van my plaas-ouma gekry. Ouma het radiostories geskryf, sy vertel die beste stories en het my verbeelding ontvoer met die talle feëtjie gedigte wat ek so gereeld in die pos ontvang het.

Ek was nog baie klein en verward oor die wreedheid van die lewe toe sy my begin vertel het van die Masjantie (maanligblommetjie) wat net blom as die volmaan op haar skyn. Sy groei ook net in die diepste deel van die woud en die feëtjies word betower deur haar glans.

Van toe af was ek haar Masjantie en sy my maanlig.

Ek wonder soms of die Masjantie regtig bestaan en of dit net een van Ouma se wonderskeppings is, maar ek wonder nie te veel nie, want vir my bestaan dit - in my hart.

Ek sal baie graag eendag 'n boek wil publiseer met Ouma se stories in, asook 'n paar van my stukke om hulde te bring aan 'n ontsterflike talent.

Maar tot dan skryf ek vir haar en verwoord my gevoelens en hoop dat dit op 'n manier 'n seëning sal wees vir iemand of dat ek ook eendag my kleinkinders sal kan inspireer.



Masjantie se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 6
Totale kommentaar : 11

Geen nuwe bydraes deur Masjantie

 

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar