Moses se profielblad

Moses

Inligting oor Moses

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Resensies & Gorrel

Lid vir 12 jaar 2 dae 11 ure


Bly jy het kom inloer. Ek skryf onder die naam van Moses aangesien ek al hoeveel keer in my lewe gevra is om vir mense rigting in hulle lewe te gee en hoe om die Bybel te gebruik, en wat nou eintlik in die Bybel staan. Omdat Moses nooit sy eie naam gebruik het om 'n boek in die Bybel na homself te vernoem nie, gebruik ek dit maar nou. Ons moes as kinders altyd uit die Bybel bevestig as ons iets kwyt geraak het, en as jy nie vinnig kon dink nie, het jy gesê dit staan in Moses X vers X. So was Moses 3 vers 3 "Moenie worry nie". So geniet maar die skrywes. Ek kom loer nog elke nou en dan in om te kyk wat hier aangaan, en wie weet dalk in die volgende paar maande mag daar dalk nuwe verse van Moses se pen hier te lees wees.

Groetnis.
Louwrens

So tussen ons, jy kan die verse van Moses ook in Ingels op ons webtuiste kry. Daar is ook so 'n paar goed wat nie hier is nie. O ja, die adres www.shama.org.za

Ek het ook 'n nuwe boek geskryf wat jy kan aflaai op my webtuiste by http://shamaministries.org.za/wp/products-page/e-books/is-egipte-in-die-hemel/
Dit handel oor 'n skyndood toestand en wat kan gebeur.



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar