neels claasen se profielblad

neels claasen

Inligting oor neels claasen

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Artikels, Kortverhale, Gedigte, Resensies & Gorrel

Lid vir 3 jaar 1 maand 1 week 2 dae 23 ure


Nadat ek as kind langs die treinspoor groot geword het het ek self baie jare diens op die spoorwee voltooi. In my dienstydperk het ek die einde van die stoomera ervaar en is dit vandag met groot deernis wat ek oor hierdie tye skryf om hierdie tydperk op skrif te bewaar om vir die mense te vertel van hierdie glorieryke tydperk in ons vervoerwese. Die manne op die stoom lokomotiewe en die manne langs die treinspoor is ware vergete pioniers wat hierdie land help bou het. Hulle het die wiele dag en nag aan die rol gehou om hierdie land te bou tot wat hy vandag is. My eerste roman oor hierdie tydperk, Vergete Pioniers het in Nov 2011 verskyn en is nou in Woes se winkel beskikbaar waar meer besonderhede oor hierdie roman gelees kan word. Ridders van die Ysterpad het daarna gevolg asook Buffelshoek se nuwe stasiemeester. In hierdie verhaal ervaar ons die buitestasielewe soos dit was in daardie jare.
Ek het ook my hand aan n speurverhaal gewaag en is die H.I.V. moord baie goed ontvang. Die Winkende dood is die verhaal van Catherine Scholtz wat aan dwelms verslaaf geraak het maar gerehabiliteer het Toe sy kollege toe gaan beland sy amper weer in dwelms se kloue maar keer betyds. Haar vriendin, Dalene Jacobs loop egter die volle skrikwekkende pad van dwelms.
Ek het ook twee fotoalbums oor die stoomjare saamgestel. wat by my verkry kan word. Die buiteblaaie is in my fotogalery
   en nou het ek begin kortverhale skryf. dit is vir my n heerlike nuwe veld wat ek ontdek het en is die idee om my kortverhele in n bundel uit te gee as ek genoeg bymekaar het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar