Nuffels se profielblad

Nuffels

Inligting oor Nuffels

Bydrae-kategorie: Artikels & Gedigte

Lid vir 13 jaar 1 maand 1 week 1 dag 1 uur


Om te skryf is vir my 'n passie. Die lewe is net een wonderlike ervaring..met al die seer, trane en lag, is dit tog die moeite werd om elke dag op te staan.

Dis Ek

Die triestige windjie van gister waai hier rondom my,
Die trane wat vorm…
Ongevraagd.
Die opbou van emosie…

Waarom die wreedheid van hierdie wêreld?
Die boosheid wat in mense huisvesting vind
Daar is geen God in hulle lewens
Die bloeisel wat nie blom
Want die ryp van hierdie land
Het dit laat swart van binne raak

Die winters van gister in hierdie land
Laat hierdie wind oor die landskap waai
En die belofte van donder storms op die horison

Party dae voel dit vir my asof die doel van die lewe my ontwyk. Die paniek wat in my opkom wanneer ek aan die dood dink. ‘n Angs gevoel wat net nie weg gaan nie. Daardie gedagte wat by my opkom : “Ek gaan ook dood gaan”. Wat gebeur na die dood? Ek glo daar is ‘n hemel…maar gaan ek rerig daar uit kom? My siel in die onbekende geestes wêreld?

My gedagtes kan net nie tot rus kom nie : die angs oor die toekoms, oor of ek my trou man gaan ontmoet, gaan ek nog môre lewe? Dit tref my nou, terwyl ek by die venster uitstaar na die reën- ek is bang vir die onbekende….

Maar ai mens kan ook nie net so na die lewe kyk nie. Die pragtige suurlemoene wat hier buite my venster aan die boom hang, die skakerings van die helderste geel tot die donkerste groen. Dit spreek net van volmaaktheid. Die klanke van Beethoven se simfonieë as die agtergrond van die lewe. ‘n Mens kan tog ‘n gebrek hê, doof wees en die pragtigste musiek skryf….

Vroeër vandag was ek sommer in trane, dat Beethoven nie eers sy 9de simfonie kon hoor nie! Tog sekerlik sal God nie dat hy dit nie in die hemel kan luister nie, miskien komponeer Beethoven nogsteeds? Met engele koor! Ek kan net hierdie prentjie vir myself skilder...

Wonder jy nie dalk ook oor hierdie dinge nie? Ek sit en skryf my gedagtes neer vir die wat miskien dit eendag interessant genoeg sal vind, miskien kan saam stem, en hulle idees en gedagtes met my kan deel. Ek kan nie raad gee nie, want ek soek nog self…maar miskien inspireer my gedagtes jou…miskien ‘n gediggie of mal gedagte. Hierdie geskryf het geen formele vorm nie…dis vrye vorm van ‘n meisie in vlees en gees op papier gesit vir lag en huil, holderstebolder. Dis ek .




DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar