Ontluiker se profielblad

Ontluiker

Inligting oor Ontluiker

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte & Gorrel

Lid vir 3 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 10 ure 8 minute


Die foto heelbo is van 'n baie seldsame grootpens plant. Dit groei in die suide van Ethiopie in 'n WOESteny. Dit is 'n woestyndruif met naam Cyphostemma betiformis. My eie plant word al vir meer as dertig jaar vertroetel.

Die foto links is van Cyphostemma bainsii wat in die suidweste van Namibia (Namgorab) groei. Solitair is sowat 80km daarvandaan.

Die foto regs is van Cyphostemma macropus wat in een van die woestyne van Angola groei. Dit is verwant met C. uter wat in die noorde van Namibia (Kaokoveld) groei. Ek plaas dit met verlof van Wessel Swanepoel wat dit in Mei 2010 geneem het.

Die foto/3Dgrafiek onder behoort tot die artikel "OS (deel 13) - Die ritme van entropie produksie."

Opskrif: Profiel van nog ‘n grootpens

Willem Woes word deur sy programmatuur gedwing om ‘n bepaalde werf-orde (liturgie) te handhaaf. Werf-orde lei tot organisasie. Organisering maak take gewoonlik makliker en kragtiger. Maar organisasie kan soms ook uitgedien raak. Dan moet ‘n mens dit gemaklik en kragtig verander sodat dit weer diensbaar kan wees.

As iemand wat lewenslank kreatiwiteit omhels, het ek te veel met een of ander liturgie gebots: kerk, politiek, akademie of besigheid. Vir my kan skeppery net soos wilde diere nie in gerieflike hokkies aangehou word nie. (Ek hou nie van woorde met ‘n Romaanse herkoms nie. Ek sal dit binnekort verduidelik. Daarom skeppery in plaas van kreatiwiteit.)

Ek het ‘n honderde profiele van WOESers deurgewerk. Grafieke sou baie help om my indrukke te toets. Dit tref my dat lede van jeug tot bejaard deelneem, maar dat volwassenes in hulle fleur die meerderheid is. Dit tref my ook dat vroue heelwat in die meerderheid is. Laastens, dit tref my veral dat gedigte die grootste bydrae is. Dit het ‘n belangrike betekenis waaroor ek beplan om te skryf.

Dit laat my dink aan die geskiedenis van kreatiwiteit sedert die vroegste tye. Aanvanklik en tot omtrent 2400 jaar gelede was hoofsaaklik digters toegelaat om skeppend te werk. Hulle gedigte was as te naïef beskou om gevaarlik te wees. Andersins was skeppery net vir konings en hulle kornuite beskore. Sjoe, dit was neerdrukkende tye!

Ek leef graag saam met skeppende mense. Hulle kan dikwels die appelkar omgooi. Ek is nie ‘n koning nie en net so min ‘n kornuit van een. Daarom pla die omgooi my min want dit is soms nodig om skeppery te vernuwe. Ek moes somtyds in my eie lewe die appelkar omgooi.

Solank as wat skeppery in Afrikaans aangemoedig word, sal ek WOES ondersteun. Dieselfde geld vir christelike waardes. Maar, sodra my eie skeppery ingehok word, kies ek altyd die hasepad. Wanneer christelike waardes begin sneuwel, verdwyn ek stilweg. (Goeie raad van Jesus toe hy sy dissipels gestuur het na die dorpe van Palestina om iets van die goeie boodskap te vertel.)

Die res van my profiel sal beskikbaar wees in ‘n artikel (twee dele) met die titel Grootpens.



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar