Oumatjie se profielblad

Oumatjie

Inligting oor Oumatjie

Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 11 jaar 7 maande 1 week 1 dag 5 ure



Hallo,

Ek is 38 jaar oud en woon in Alberton .  My kortverhaal "Ouderdom is nie kinderspeletjies nie" is pas aangewys as 2e plek in die kategorie Nuwelingskrywers in die ATKV Woordwoekeraars se jaarlikse skryfkompetisie.  Verder het ek in 1996 'n kortverhaal in die destydse Voorligter gepubliseer onder die titel "Vryheid ten koste van".  My oorspronklike titel vir hierdie verhaal was egter "Eindelik vry".

Hoekom dan die skuilnaam Oumatjie?
Dalk maar omdat ek nog altyd beter met ouer mense aanklank gevind het en meeste van my sielsgenote onder die ouer garde tel of dalk omdat ek na 22 jaar my eie ouma nog so vreeslik baie mis, of dalk net vir 'n tikkie ironie?

Ek het altyd baie goed gedoen met opstelle op skool en Afrikaans was my gunsteling vak.  In my hele 38 jaar het ek net 2 stukke geskryf  "Ouderdom is nie kinderspeletjies nie" & "Vryheid ten koste van"  - met die eersgenoemde het ek 'n ATKV 2e prys gewen en nou het ek die drang om regtig ernstig te begin skryf, maar my kop het nou heeltemal vasgeslaan en ek kan net nie aan die gang kom nie. Hoe nou gemaak?

My 2e foto is van Pixie, my Japanese Chin - my hart se punt.  Hy is nou net 18 maande oud en daarom nie meer "puppy" nie, maar honnetjies.  Dis nog die beste om in sy sagte bruin honde oë te kyk, of as hy opgekrul op my skoot lê en slaap.

Vir die wat dalkies wonder - ek is al vir amper 10 jaar gelukkig Mevrou.  Maar my man sê (dalk met rede) ek is liewer vir my hond as vir hom.  In elk geval, aangesien hy maar 'n skaam outjie is, is sy foto op webwerwe verbode.

Ek is nou ongeveer ' n jaar op Woes - dit  is nou al klaar weer Junie.  Ek het weer deelgeneem aan die die ATKV se skryfkompetisie en het weer tweede plek gekry, maar was ook algeheel derde.  As prys kan ek een van Petru Nell Skryfbesigheid se skryfkursusse bywoon. 

Ek behou die kopiereg vir al my werk.



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar