OupaTeddieBeer se profielblad

OupaTeddieBeer

Inligting oor OupaTeddieBeer

Bydrae-kategorie: Artikels

Lid vir 10 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 14 ure


Ek staan bekend as Oupa Teddiebeer vir die luisteraars van Radio Weskus, waar ek en my beterhelfte Mamma Teddiebeer die na-nag program hanteer. Ons is vir 4 nagte/oggende van 00h00 tot 03h00 op ,die lug waar ons die mense met kwinkslae, en musiek bedien. Jy weet nooit wie is die spesifieke nag aan diens nie aangesien ons net belsuit wie ingaan en dan is jy nog verder nie seker wat se tipe genre ons gaan speel nie. Ons bly tans in die Weskus waar ons die rustige lewe geniet.

Ons musiek verskeidenheid staan as 'n Gaboempie-Kas bekend en wat ookal uitspring, die speel ons.

Ek is 'n rekenmeester van beroep wat tans meer in web-tuiste ontwikkeling en huisvesting spesialiseer.

As operste sinikus en "nar" sien ek die snaakse in die lewe raak en pen dit dan neer vir andrr om te lees en dalk self 'n giggel te uiter.

Dus as jy my werke lees, plaas jou tong in jou kies, glimlag en geniet dit. Ek sou net graag meer tyd wou he om meer te kan pen.... Deesdae is dit seker nie meer pen nie maar "compi" want alles geskied mos maar via die rekenaar en Compi is my groot vriend... weet nie is dit dalk vriendin want ek vroetel gereeld met haar knoppies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar