Palet se profielblad

Palet

Inligting oor Palet

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 6 jaar 8 maande 1 week 6 dae 17 ure


Skryf is vir my 'n palet van woorde, vermeng deur die skrywer op outentieke wyse om 'n prentjie te skilder van sy persepsies , gedagtes en emosies op 'n bepaalde tyd of tydvak of in 'n omstandigheid van sy lewensreis ten einde 'n interaksie met die leser te bewerkstellig.. Ek skryf graag oor my eie gevoelens van die verlede, hede, of vertolk die van medereisigers op die pad en hul lewensondervindinge soos wat ek dit sien.
Ek het 'n besondere liefde vir Afrikaans.Ek was in "n paramediese beroep vir sowat twintig jaar na voltooiing van my naskoolse studies en het geen spesifieke tersiere opleiding in Afrikaans as sulks gehad nie...Ek deel graag op Woes en voel tuis hier en waardeer enige kommentaar..

Onderstaande gediggie het vir my 'n gedig van die maand toekenning besorg.. Ek was so ge-inspireer deur my mede-woesters dat ek dit kon neerpen en was oorstelp van vreugde en dankbaarheid toe die eer my te beurt val!

INSPIRASIE

Wanneer lig
die donkerte deurboor,
padmaak met wit
wat nie glans verloor
vervullend om mymerend te sit....
stil die stem van inspirasie te hoor..

Beelde , klanke , van kinders
met 'n mengelmoes van kleurbalonne
aan lyne en linte vasgeknoop ,
al - huppelende en sorgvry-
vrolik , vlerke soos vlinders
in feetjie - blinkers gedoop.....

Afwagtendes op stasieperronne
vir lewenstreine op die spore na Hoop,
beelde van reisbestemmings op kleurplakkate ,
opgewonde stemme wat verrys
oor illustrasies op mure langs strate
wat ook daarheen wys,
verleen kleur aan grys
van beton ,
in stede, voorheen verlate....

Dankie Skepper dat ook ek
reisgenote kan ontmoet....
Soms is daar 'n plek
by aankoms. of vertrek
in tyd,
waar ons paaie kruis ,
en ek hulle met gedagtes groet..



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar