Paula B se profielblad

Paula B

Inligting oor Paula B

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 11 jaar 1 maand 5 dae


Ek is
soms
moeg & moerig
Ek is
vol van vuur
en vlamme
wat brand
en lek -
lek hoër
en  hoër
wat brand
en vlam
Ek is
level-headed
en linkerbrein
Ek is
‘n skrywer
in my hart
in my pen
op papier
Ek loop
op die wolke
en swem
in rooiwyn
Ek glo
in spookasem
en sterre
wat lê
langs die maan
wat val
in die golwe
verdrink
in die see
en strale
trek
op rooiduine
wanneer woestyne
my keel
verdor
Lê ek
en lag
en wag
op jou
wat ‘n hart
weer heel
wat my lewe
deel
 



Paula B se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 15
Totale kommentaar : 21
Aantal mense wat die bydraer volg : 4

Geen nuwe bydraes deur Paula B

     

    AFGODE

    deur Piet Schoombie

    Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar