Paultiaan se profielblad

Paultiaan

Inligting oor Paultiaan

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 6 jaar 6 maande 3 weke 3 dae


Baie bly dat ek Woes raakgeloop het. Skryf al sedert my studentejare. Daar was vele woelinge in my lewe en dit het in ‘n groot mate my skrywe beinvloed. Iemand belangrik het lank gelede beweer dat skryf 90% perspirasie en 10% inspirasie is. In my geval dink ek is dit net andersom. Moet beleef en ervaar om iets neer te pen....of ten minste te probeer.

Net so terloops

Hou van uitgestrektheid...vandaar my liefde vir die Karoo. Die vlaktes van Aberdeen praat heeltyd met my as ek daardeur reis of selfs net daaraan dink. Hou van wind en skuim op branders wat breek op Blouberg. Hou van oggendmis wat hang aan Tandjiesberg.

Terug na wie

Eenvoudig mal oor Afrikaans en digkuns. Wil glad nie voorgee dat ek digter van formaat is nie. Net dat ek lief is vir die taal en graag my pogings wil deel met ander Woeslesers.

Emosies wat gepaard gaan met dit wat ek skryf, is werklikheid en kan nooit opgetower of afgebreek word nie. Die woordspele en hoe ek dit gebruik om die abstrakte lyf te probeer gee, is ‘n ander saak......

Woesgroete (weet dis ‘n afgesaagde afeindiging, maar voel so lekker op die tong ).

Eerste les

Het gou
agtergekom
dat die klok
nie net vir pouse
en huis toe gaan
lui nie
maar ook vir
die begin



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar