Outoppie Longdrop se profielblad

Outoppie Longdrop

Inligting oor Outoppie Longdrop

Bydrae-kategorie: Rubrieke & Gedigte

Lid vir 10 jaar 6 maande 4 dae 16 ure


Dagse!  Net in geval julle wonder, ek is die ou-kerel van Louis Longdrop.  Hy kry sy skryfkuns van my en vir die res kan ek nie verantwoordlikheid neem nie, want hy is meer "handsome" as ek.

As 'n produk van laat Baby Boomers, het ek nog altyd daarin plesier gevind om die regering van die dag kopseer te gee.  Dit is omdat my pa gebore is op dieselfde dag as wat hulle Jopie Fourie geskiet het.

My skryfwerk is meesal Ingils maar ek is besig om van die meer aanvaarbare goed te vertaal in Afrikaans, want ek wil nie he dat die tannies van die Vrouelandbou Unie moet in hulle koeksisters en tee stik as hulle die goed lees nie.

Die intereressantse jaar in my lewe was 1979 en my nuwe goed gaan oor daardie jaar.

As ek nie besig is om goed in my voltydse werk te doen nie, gee ek klas in Integrasiebestuur vir 'n klomp minder windgat studente aan een van die universiteite in Johannesburg.  Ek probeer ook 'n klein besigheidjie (bestuurs planne, strategie, ensovoorts) van die grond af kry.

Naas woordkuns, skilder ek graag.  Gelukkig het ek nog nie die drang gekry om, soos ou Vincent, my ore af te sny nie.  Ek het egter opgemerk dat mense hulle oe styf toeknyp as hulle na my goed kyk en ek hoop niemand het al 'n oog met 'n warm poker uitgehaal net om die nabeelde van my goed te ontwyk, nie.

Al my werk het kopiereg.



Outoppie Longdrop se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 21
Totale kommentaar : 49
Aantal mense wat die bydraer volg : 3

Geen nuwe bydraes deur Outoppie Longdrop

     

    Sirkeldans

    deur Driekie Grobler

    'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar