Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 1 jaar 11 maande 1 week 5 dae 23 ure 57 minute
Hi daar!
Ek is Boerklong van die Karoo. Ek is ‘n Rooivleisprodusent van beroep. Ek boer met n hele paar kleinveerasse asook bees en wild.
Ek is met die wonderlikste vroutjie, Lame ( klink soos Lamei.... wat my alles is) getroud. Ons het die pragtigste 2 kinders, Danielle (8) Pieter (6). Ek glo in familieskap soos in moerkoffie en vicks, asook in ‘n hoe morele waardestelsel en ek het ‘n afsku in gematigdheid.
Ek glo dat geregtigheid die basis van alle soorte Liefdes is, en dat niemand sonder selfrespek kan voortbestaan nie.
Naas water is kaapse Pinotage en Caberne my gunsteling drankie. Saam met ‘n goeie wyn en mooi musiek en n mooi gedig kan n mens baie na aan die hemel kom.
Daar is vir my nerens ‘n mooier plek op aarde as die Karoo nie, seker omdat dit n mens so na aan die grond en op jou knee hou. Dit is hier waar ek gebore is en ook waar ek eendag begrawe wil word. Die Karoo is nie ‘n plek nie, dit is ‘n lewe waarvan die kosbaarhede weg gesteek is soos die veld diertjies en die mense wat daarin woon..
My grootste begeerte is dat my kinders, eendag as hulle die huis verlaat, aan die Woord van God gehoorsaam sal bly soos wat hulle van kleins af geleer is. Daarmee saam dat hulle tot die dood toe sal stry vir die Weg waarop hulle geplaas is. As ek eendag kan aanskou dat hulle geluk in die regte lewensmaats vind en as oupa my kleinkinders kan vashou, sal daar vir my geen groter rykdom op aarde wees nie.
Baie dae as ek alleen in die veld ry en so oor die vlaktes kyk en die wind in my gesig voel, dan verlang ek na die ou dae, die dae toe ons nog ‘n kinders was.
Soms, as ek in die verte staar, hoor ek nog my pa wat lag en nou?? ja nou is alles so anders......

Boerklong se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 5
Totale kere gelees : 1,015
Totale kommentaar : 21
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur Boerklong

Woes-Nuus
Gedigte

deur Johann P. Boshoff
Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!