Bydrae-kategorie: Artikels, Kortverhale, Gedigte & Gorrel
Lid vir 1 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 22 ure 37 minute
Doen navorsing op bosluise en het 'n model ontwerp om parasiete strategies te bestuur met die Natuur en hul lewenssiklusse teen hulle te draai. Poog om die lewe n beter plek te laat as wat ek hom gekry het, terug te sit in dubbelformaat wat ek geneem het.
Skryf stories omdat ek dinge in die lewe verloor het, gedigte omdat ek diep verlang, musiek omdat dit iets sê van iemand. Niks is taalkundig reg nie en eintlik maak dit nie saak wat iemand daarvan dink nie. Ek is bly as iemand daarvan hou, maar ek weet regtig nie hoekom sou hulle nie.
Ek het nooit bedoel om te skrywe om erkenning daarvoor te kry nie en, gaan uit protes niks skrywe wat enige iemand wat iets van die Literêre weet sal te beindruk nie. Sal my regtig roof van my vrye gees en my erg beangs maak. Tog wil ek sê, dis lekker om erkenning en glimlagte te kry.
Ek is 'n alleenloper nie omdat ek skeef is nie, maar omdat die Lewe se pad skeef geloop het en ek predestinaal my pad in daardie tyd en ruimte moet loop ongeag die keuses wat ek vry is om daarin te maak. Wie weet wat loop vorentoe reg of weer verkeerd?
Weet nie of ek enigsins moet omgee nie. Ek dink nie dit help nie.

Pierre van Niekerk se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 38
Totale kere gelees : 11,753
Totale kommentaar : 234
Aantal mense wat die bydraer volg : 18
Geen nuwe bydraes deur Pierre van Niekerk

Woes-Nuus
Gedigte

deur Thalita Goosen
Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.