Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 11 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 14 ure
Om te skryf is vir my vlerke.
Om te skryf is vir my die blou van die hemel.
Om te skryf is die poort na nuwe vryheid.
Dankie aan al my woes vriende wat my werk volg, dit lees en kommentaar lewer. Dit beteken baie vir my en ek waardeer dit opreg.
"My Eerste Ink" (1ste bundel) het ek in 2008/09 vrygestel en het op die self-publikasie trein geklim en dit het redelik goed gevaar.
Dit was opgedra aan my meisie-kinders (2ling) en baie van my inspirasies kom deur aan hulle te dink.
"Iewers in die stilte
weergalm giggels
deur die gange
en teen die mure
van my gedagtes
en fotos
lag
en word
dowwer
as die skemer
rame kleur. . .
en ek tevrede
kyk na kinders
wat lagstaar
teen die muur".
Dankie vir almal se vriendelike ondersteuningop Woes.
Groete
en vrye vrede.
Pieter
Alle werk van my wat op Woes gepubliseer is, behou ek volle kopiereg. (c) 2010
Pieter Bonthuyzen se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 62
Totale kommentaar : 267
Aantal mense wat die bydraer volg : 9
Geen nuwe bydraes deur Pieter Bonthuyzen