Pine Pienaar se profielblad

Pine Pienaar

Inligting oor Pine Pienaar

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte, Resensies & Gorrel

Lid vir 10 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 1 uur








26 Junie 2009.
 

Ek probeer.....
Altyd om myself daarvan te weerhou...
om te dink die enigste manier waarop ek kan oorleef
is om my medemens te misbruik .
Ek glo.....
as misbruik van medemense my reg is, het ek geen
begrip van wat menslikheid behels nie.
Ek verstaan.....
dat ek veel eerder my energie moet aanwend om my
omstandighede  só te verbeter dat ek die wêreld waarin
ek leef ‘n beter plek sal maak.
Ek besef.....
As ek wil skryf  wat ek dink,
Moet ek versigtig wees wat ek dink....
Jy sien.....
Ek  kan niemand iets leer wat ekself nie weet nie;
en niemand lei waar ekself nie kan gaan nie.
Ek voel.....
Ek maak ‘n karige bestaan uit dit wat ek kry,
maar lei ‘n vol lewe uit dit wat ek gee.
Ek aanvaar.....
Ek  kan nie oorleef slegs op die liefde wat ek van
andere ontvang nie, maar ook op die liefde wat ek
aan andere  gee!
Ek weet.....
As ek  nie tevredenheid en gemoedsrus.....
bevrediging en liefde in myself  kan vind nie......
is dit nodeloos om dit by iemand anders  te gaan soek.

Dit is soos ek is!

31 Januarie 2012.
Elke mens het twee lewens. Die eerste een lewe hy op sy eie unieke manier. Die tweede een herlewe hy sy eerste lewe. Dis waarmee ek nou besig is.

{Die Italics is aanhalings wat ek vryelik uit Engels verwerk het.}

1 Julie 2010.

Soos by hierdie tyd duidelik blyk te wees, bevestig ek dat ek geen formele opleiding in die skryfkuns gehad het nie. Daarom volg ek maar my eie kop en vestig ek my eie styl.

 Die gewoonte van my om meesal in die eerste persoon te skryf, is slegs 'n gerieflikheids maatreël vir my en is glad nie 'n aanduiding dat ek noodwendig oor my persoonlike lewe skrywe nie. Daar mag hier en daar persoonlike ondervindings wees wat ek gebruik om gelyktydig in my stories te dramatiseer en of voorvalle wat ek gebruik, maar dit is glad nie verseker dat sodanige storie op my persoonlik betrekking het nie.  Die name en karakters wat ek gebruik, mag ewe-eens denkbeeldig wees of moontlik verdraaide karakters om persoonlikhede te help skep!


 Die kommentaar en/of terugvoer wat ek gee oor werk wat ek gelees het, is nie geskoei op beterweterigheid nie, maar veel eerder op dit wat ek daarvan verstaan of ervaar en of dit vir my lekker vloeiend (Klopdisselboom) lees. EK reageer gewoonlik spontaan en op die eerste indrukke wat ek van 'n werkstuk ervaar.

Ewe-eens is ek dankbaar oor almal wat my pogings lees en evalueer en genoeg daarin gevind het om vir my  terugvoering te gee. Ek floreer op die menings en kritiek van my resensente. Nogmaals baie dankie.........


Ek behou kopieregte (©) op my denke en woorde. Gebruik daarvan deur ander sal as 'n besondere kompliment beskou word.















Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar