Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte
Lid vir 3 jaar 6 maande 1 week 6 dae 8 ure 29 minute
Ek steek nou weereens my kop in 'n bynes, soos ek onlangs op Facebook gedoen het, deur te verklaar dat ek nie meer 'n Christen is, en nie meer godsdiens - soos ons Afrikaners dit ken - onderskryf nie. Ek het my redes, en ek vra dat mense asseblief nie meer vir my stukke wat 'n godsdienstige inslag het, aanstuur om te lees nie.
Ek vra ook dat mense my standpunt sal respekteer, alternatiewelik vry sal voel om my te skrap as vriend as hulle dan voel dat my persoonlike voorkeure - wat ek in niemand se keel afdruk nie - aanstoot gee.
Ek is van mening dat mense godsdiens gebruik as kruk vir enigiets, van musiek tot gewone skryfwerk, terwyl hulle werk meestal goed genoeg is om op eie bene te staan.
Dan is dit ook so dat ek baie lekker lees aan al julle bydraes, maar net eenvoudig nie die tyd het om meer as een bydrae per week van 'n skrywer te lees en kommentaar te lewer nie. Ek glo natuurlik persoonlik dat enige mens wie uurliks en daagliks gedigte kan uitdruk soos 'n masjien, meer moet konsentreer op die kwaliteit van stukke, eerder as kwantiteit.
Soos ek sê, as julle nie hou van wat ek is of sê nie, skop my gerus af as vriend! Maar eintlik hoop ek julle sal my raad volg, en beter werk lewer.
Groete!
Riana
0722520960.

rex se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 74
Totale kere gelees : 15,552
Totale kommentaar : 296
Aantal mense wat die bydraer volg : 16
Geen nuwe bydraes deur rex

Woes-Nuus
Gedigte

deur natasha dutton
"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)