Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 2 jaar 6 maande 2 weke 6 ure 34 minute
Love. wipes out all sense of time, destroying all memory of a beginning and all fear of an end.
Die plek waar my siel rus kom soek het ..... en die plek waar ek dit gekry het .... in die mooie Wes-Kaap, George. Dit is soms goed om terug te blaai na daar waar jy was, eens op 'n tyd. Goed om te sien hoe die Here God ons gelei en ondersteun het (en nogsteeds doen), deur Kalahari's van ons omstandighede en waar ons lê by die bad van Bethesda na 'n Oasis van oorvloedigheid. En hier praat ek nie van geld nie .... ek praat en innerlike vrede en die wonderlike vreugde wat daarmee saamkom. Geen geld kan dit koop, geen bootreis of oorsese vakansie kan dit vervang. Ek is baie dankbaar vir swaarkry, want daardeur herken ons die beter wanneer dit kom. Wat sal ons hê om te deel en om te getuig as alles net altyd voorspoedig met ons gaan? Hoe sal ons weet hoe 'proe' die lekker as ons nie die 'bitter' gesmaak het nie? Ek skryf nie net oor dinge in my lewe - my ervaring of wedervaringe nie, maar ook die seer of die mooi wat ek ervaar, ook in ander.
My lewe is vol - knuppelvol, want Hy het vir my gegee 'n volmaakgeskape meisiekind wat nog op 22 net so na aan my is, soos wat sy was op 1 en wat vir my net soveel liefde gee as 6 kinders sou gedoen het. Ek moes leer van onvervulde verhoudings, want toe my prof liefde in sy kenmerklike neederigheid en onbaatsugtigheid voor my kom staan het - het ek liefde ontdek - soos dié waarvan mens net kan droom. Hy's my klankbord en my steunpillaar. Hy's my kussing en kombers, my simfonie en mooiste melodie. Hy's my alles en nog meer. Ek wens hierdie 'vol en oorvloedige' liefde en omgee (sonder om terug te verwag) vir elkeen toe, maar meer nog so, vir ons kinders.
Rina
Kopiereg van my gedigte word voorbehou

FLOOI se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 87
Totale kere gelees : 14,412
Totale kommentaar : 91
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur FLOOI

Woes-Nuus
Gedigte

deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.