Ronel Louw se profielblad

Ronel Louw

Inligting oor Ronel Louw

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 14 jaar 6 dae 12 ure



Kreatiwiteit is 'n manier van dink en doen en om iets oorspronklik te skep wat vir jou en/of ander van betekenis is. Alle mense het 'n mindere of meerdere vermoë om kreatief te wees, maar almal gebruik dit net nie meer in die wêreld waar ons leef nie. Ons voorvaders moes self 'n huis bou, klere maak, tuine ontwikkel en mekaar vermaak. Iets het vir die mens in die proses van ontwikkeling verlore geraak in hierdie era van massa produksie, seil op die internet en vermaak deur die druk van 'n knoppie: die vermoë om self te skep! 'Creative thinking is not a station one arrives at, but a means of traveling' (Mayesky ea,1985). Vir my is skryf 'n proses van selfondersoek en 'n uitdrukking van gedagtes, wense, vrese en angs wat gevul is met energie en krag wat aan my genot verskaf en betekenis aan die lewe gee. Dit is uit en uit 'n vorm van terapie en daarom is my gedigte nie 'kunswerke' nie, maar gevul met emosie en persoonlik van aard, maar ek deel dit graag met ander.

Stuur asb. kommentaar na hmeintje@iafrica.com



Ronel Louw se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 33
Totale kommentaar : 5
Aantal mense wat die bydraer volg : 1

Geen nuwe bydraes deur Ronel Louw

     

    Tong in die kies

    deur Delene de Wet

    My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar