Ronelle Linde se profielblad

Ronelle Linde

Inligting oor Ronelle Linde

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 11 jaar 4 weke 1 dag 9 ure


My naam is Ronelle Linde.  Ek is getroud met die wonderlikste man, Pieter en het  twee energieke seuns, Hardus en Tokka. 

Ek het begin gediggies en stories skryf toe ek ongeveer dertien was.  Die gedigte was meestal maar vir vriendinne se kerels en die stories het ek geskryf omdat my oe te veel gebrand het na die skooldag se lees en konsentreer.

Ongelukkig het die meeste van my gedigte met tyd verlore geraak.  Ek het onlangs begin om die stories wat ek geskryf het oor te tik en drie daarvan het opgeeindig as 'boeke' wat ek droom om eendag te publiseer.

Na vyf en twintig jaar het my man en kinders my omgepraat om op te hou werk. Dit het egter nie lank gehou nie. (Ek kan mos nie stilsit en niks doen nie) Ek werk vir wonderlike mense van my huis af wat my die ruimte bied om myself uit te leef in die Vroue Landbou-unie. Dit hou my nie heeldag besig nie en die res van die tyd hou ek myself lekker  besig met enigiets waarvoor ek lus het.

My belangstellings is legio omdat ek altyd iets probeer doen wat ek nog nie voorheen gedoen het nie.  Eksprimenteer met geregte;  Lees;  Skryf;  Tuinwerk;  Blomme rangskikking;  Hekel;  Brei;  Naaldwerk;  Borduur;  Houtwerk;  Materiaal verf;  Decoupage;  Kaartjies;  Riffelkarton houertjies (eintlik enige vorm van handwerk - dis so terapeuties!), en natuurlik is ek 'n fliekvraat.



Ronelle Linde se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 6
Totale kommentaar : 13
Aantal mense wat die bydraer volg : 1

Geen nuwe bydraes deur Ronelle Linde

     

    ROEPSTEM

    deur Charmain*

    Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar