Rooiborsduif se profielblad

Rooiborsduif

Inligting oor Rooiborsduif

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 13 jaar 4 maande 1 week 4 dae 21 ure


Goeiedag aan die Afrikaanse ondersteuners, lesers, praters en voorstaners!

Oorspronklik is ek van die Engelste deel van ons liewe land, Kwa-Zulu Natal. Dis in daardie Middelande wat ek besef het hoe 'n kosbare en ryk taal ek praat. Ek is bevoorreg genoeg om tans te studeer by Stellenbosch Universiteit, ons land se beste. (al sukkel ons met die taalkwessie, weier ek om Engels T te drink of te aanvaar!) Ek swot 'n mengelmoes van BA-vakke en behoort binnekort daai graad te kry wat Chris Brink my skuld!

Ek luister graag na Klopjag, Ddisselblom, Lize Beekman (sy sing Rooiborsduif van Breytenbach so mooi!) Lukraaketaar, Zinkplaat, Chris Chameleon, Riku Latti, Gian Groen, Neil Sandilands en Jan Blohm.

Ek vind my nis in my kreatiwiteit. Met elke projek wat ek aanpak, streef ek daarna om my eie verwagtinge te oortref. Op 22 wil ek getuig van deursettingsvermoë wat gedryf word deur die hartsbegeerte om suksesvol te wees.

Dis by Lééf (met hart en siel) se kreatiwiteitswerkswinkel wat in April by die KKNK gehou was, wat ek besef het hoe belangrik dit vir my is om al my gedagtes neer te pen. Taal en die gerieflike rondval tussen mooi woorde en raaksê sê-goed, is een van my passies. Op daardie stadium was ek en my beste vriendin besig om ’n toneelstuk vir die universiteit se toneelfees te skryf. Tussen die stukkies dialoog wat ons gedurig neergeskryf het in ons onderskeie notaboekies, was ons nog opsoek na ’n ontnugtering wat ’n keerpunt sou wees vir een van ons karakters.

Dis net daar wat ek besef het dat ek móét skryf. Nie net in my notaboekie nie, maar op elke klasnota, almanak, agenda en dagboek wat my pen kan bereik. My dosent het laasjaar in ’n Afrikaanse klas gesê dat vir elke bladsy wat jy skryf, is daar dalk een reël wat die moeite werd is om te herhaal.

Waarby ek eintlik wil uitkom met dié draai van my vertelling is 'n foto. Ek het ’n vriendin gehelp om foto’s te neem vir die uitnodiging van ons koshuisdans. Die tema herinner aan iets sensueel, vroulik en eg wat mens net in ’n teetuin sal vind. Toe ek 'n ogiesdraad-hart afneem, het ek dadelik aan Lééf gedink. As jy daardie tydskrif eenkeer deurgeblaai het, sal jy verstaan wat ek bedoel. Toe ek die oomblik vasvang tussen stukkies herfs het ek besef dat ek nie my pen en notaboekie by my het nie. Dit was poëties en pragtig. Die son het gesak in Stellenbosch en ’n pienk Simonsberg was my agtergrond terwyl ek fokus op ’n draadhart vol pienk rose.

Net daar dink ek in my binneste dat daar een sin is wat ek met almal wil deel: bewaar die blomme in jou hart, want dis jou sielsrangskikking.



Rooiborsduif se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 13
Totale kommentaar : 5

Geen nuwe bydraes deur Rooiborsduif

     

    Volg net die Skoenlappers

    deur Anria

    Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar