Rooikopblond se profielblad

Rooikopblond

Inligting oor Rooikopblond

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 12 jaar 8 maande 3 weke 6 dae


Die tyd stap aan en dis al 5 jaar wat ek hier op die tuiste is, ek is al my hele lewe lank opsoek na 'n plekkie wat ek my werk kan dikteer en ek geniet elke oomblik van die dae om hier te wees. Ek is nogsteeds nie 'n groot digter nie, maar ek leer maar en geniet om vir my vriendinne mooi goedjies te skryf, wat uit die hart is.

My ondervinding wat ek het is nog min, maar ek hoop deur die jare wat nog voorlê, sal my die kennis verbreed. My werk is van herinneringe wat in my lewe plaasgevind het vandat ek nog jonk was tot waar ek nou myself sien nader kruip aan 30, ek is nou 27 jaar en lewe het my baie geleer, van liefde en geluk, van hartseer en moedeloosheid, my gedigte handel oor lewenslesse vanaf kinderjare tot nou toe, tog is ek nog jonk en het 'n langpad voor my, maar liefde het my gegryp en gesoen dat ek nie weet waar ek is nie. Die lewe het my geleer hoe dinge werk en hoe mense is, maar tog trek ek my vriende nog nader en waardeer elke oomblik wat ek saam met hulle het.

Ek dank die Vader elke dag vir die krag wat hy my gegee het om te kan lewe. Die wêreld is deur hom geskep en ons is hier om alles te waardeer, selfs al is dit 'n dooie grassie.

Ek hoop met alle moed, julle geniet my werk en die nuutstes wat inkom en ervaar alles saam met my wat ek al ervaar het, al is dit van kinderdae tot groot word dae. Ek besef dat ek skryf beter as ek hartseer en moedeloos is, maar ek hoop my geluk en liefde kom ook by dieselfde kwaliteit by.

Lekker lees.
Ekke



Rooikopblond se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 28
Totale kommentaar : 30
Aantal mense wat die bydraer volg : 3

Geen nuwe bydraes deur Rooikopblond

     

    Voedsel vir die Siel

    deur Snuffelgids

    Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar