Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte, Resensies & Gorrel
Lid vir 4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 10 ure 29 minute
Monumentale emosionele werke. alle monumente is nie mooi nie. gedigte gaan oor gevoel. geinspireer deur ervaring,observasie,opinie. geinspireer deur liefde. en pyn. begeerte. jaloesie. woede. revenge. whatever. wie skryf nou rerig n gedig wanneer jy happy is?... gedigte is iets waaroor jy selde dink. dit spring in jou hart in.word woerts-warts deur die aorta na die brein gevoer.en dan blitsig met n sein na die vingers. wat naarstiglik pen en papier (servette werk goed en menu's)soek.of n selfoon.tikmasjien.rekenaar. iets om te doen.wanneer dit donker is. ook binne-in.
n Gedig is net n foto. n Foto in woorde.
daar is n gedig in elke gedagte.in elke gevoel.in elke sien.in elke proe.
ek skryf seker al naby aan dertig jaar gedigte. (nee ek is nie so oud nie?;wie vra?...ek is 45 in mense jare.eeue oud in liefde en pyn.[lees:My lewe...]..is jy 19?..of 16?of 22?...ja die oom is oud!...)
hou van die natuur. kamp gereeld. gaan gereeld weg. vang vis. het n 7de en n 8ste instink...(het jy net 6?...). som mense redelik goed op. sien wat ek nie moet sien nie. pynlik reguit(takt is n vreemde woord.-iets met n boom te doen maar verkeerd gespel. skryf soms 10 gedigte in een aan/nag/dag. soms 30/40 n maand. soms niks vir n jaar nie. het n humor sin wat ek self soms moeilik comprehend. vinnig en fyn. verduidelik nie graag nie.
blah blah blah blah.
(O JA!DAAR VERGEET EK TOE...>LEES ASB OOK MY DIAMANTJIES OP
http://www.mabooki.com/authors/101_Rudi_Coetzer.htm
EK STAAN NEDERIG VOOR die skrywer 3e.gaan lees asb sy werk en ondersteun hom.die dankbaarheid sal jou goed doen.fff...
* * *
Woordmonumente
Wanneer mens
leeg gebloei is
en elke weefsel
en spier ontbind is .
Wanneer mens
se longe platgeval is
en sonder suurstof is ,
wanneer wange hol is
en oë dood is .
Wanneer verkrimpte vel span
oor holtes tussen bene ,
en maaiers wriemel
tussen lewelose tone ,
is my enigste spyt
my nuttelose lewe
en dat ek slegs onthou sal word
vir betekenislose
vergete woordmonumente .
( 18/02/2010 13h33 )
* * * * * *
OKAY : Vir die volgende , geld ñ OUDERDOMSbeperking van 18 en ouer ...
scroll
scroll
scroll
en nog een scroll
18!
HALLO ?
Is JY 18?
> Wanneer ek die emmer skop <
(((( Hopelik nie die kak-emmer nie )))) , wil ek dat my werke op woes bly
asseblief .
Dalk kan Willem so gaaf wees en net ñ kruis agter my naam sit
( asseblief nie ñ + nie Willem , want dit is + Komkol se simbool .
En as ek gaan , gaan hy saam . )
En julle bly dan welkom om vir my e-mails te stuur . Of kommentaar
op my , + Komkol , G-kol , Die Onbekende Joodse Digter , Pittige Tamatie en
enige ander van my kreatiewe karakters te lewer .
Ongelukkig sal ons nie kan reply of dankie sê nie , of kan kommentaar lewer nie .
Ens .
O , en voor iemand Lifeline bel…dis net my wens.
En as ek dan daarna nie meer werk plaas nie …ek het nie bedank by woes nie..en
ek’s nie van die site af agv persoonlike redes nie of omrede ek ñ bundel uitgegee het
nie .
Die ding is , wanner mens die emmer skop en jy het ñ toon gebreek , is dit moelik om te
skryf of te tik .
So please forgive me.
Woes is en was one hell of ride .
En hier is nie net ñ klomp talentvolle mense nie , en nie net ñ klomp vriende nie , en
nie net ñ klomp mens-mense nie , maar ñ klomp PIELE-mense .
Julle weet wie julle is .
Wanneer ek die emmer skop , is ek vir ewig gecure van my woes-vice .
Peace .
Asemsnak kry vir seker ñ nuwe betekenis die laaste paar minute wanneer ek hortend
snak na my laaste asem .
Hopelik is daar dan darem genoeg tyd vir my laaste > Die onvoltooide gedig .
( 13/10/2010 23h13 )
†
* * *
ñ Foto in woorde
Agtergrond :
Blommetjies feëtjie fyn
en blare groen beautiful
( ek kon sweer dit is winter )
Voorgrond :
Maar alles vaal
in vergelyking met jou
( dit is skielik lente )
In jou oë
is daar 1000 sprokies
wat wag om gelewe te word
is daar 1000 stories
wat gewag om geskryf te word
is daar ñ uitspansel
wat hunker om ontdek te word
is daar siel
wat verlang om verken te word
is daar 1000 beloftes
wat wag om ontsluit te word
is daar ñ melkweg
om deurkruis te word .
( >Jy< ) In geheel :
Blommetjies feëtjie fyn
en blare groen beautiful
maar alles vaal
in vergelyking met jou .
( 18/07/2011 23h07 )
* * *
Die begin *
Op die sewende dag
het god
( dit was vroegoggend
dit was somer
na ses dae se harde werk
na ses onrustige nagte )
sy hemp afgstroop
en met determinasie
sy loop
oor die plat aarde gekry-
stof het om sy kaalvoete gepluim .
Toe het hy
met job se geduld
in ñ inspirerende
en kreatiewe bui
groot rots
na groot rots
opmekaar begin pak
( hy’t regs voor begin
en stelselmatig terug-gewerk )
en sy sweet het gevloei .
Teen twaalfuur
daardie middag van die sewende dag
seer gebrand
en moedeloos moeg
na ure se swoeg
het hy besluit
om vir ñ uur te rus
oop oë
plat op sy rug
in die skaduwee
van ñ boom gaan lê
tussen die blare-plafon deur
na die wolke gestaar
wat vrolik en speels
allerhande prentjies baar
en ñ hoopvolle-glimlag
het om sy
mondhoeke gesprei.
Presies op die uur
het hy opgestaan
met nuwe vuur
in sy hart
( skouers trots teruggetrek )
vir ñ oomblik
sy oë op na die hemel geslaan
en vinnig teruggestap
na die plek
waar hy sy werk
skuins na dagbreek
begin het .
Toe het hy
met job se geduld
in ñ inspirerende
en kreatiewe bui
groot rots
na groot rots
opmekaar begin pak
( hy’t links voor begin
en stelselmatig terug-gewerk )
en sy sweet het gevloei .
Kort daarna
het sy hande begin bloei
en toe het sy
trane begin val
( en sy sweet
en sy trane
het bymekaar gevloei
en ñ rivier gevorm
van suiwer-skoon helder water )
maar god
het hom onverpoos vermoei .
Later daardie middag
van die sewende dag
skuins voor sononder
( die son het reeds verdwyn
agter die regterkanste sandsteenkranse
wat hy teen twaalfuur voltooi het )
in die koue van die kranse
se skaduwees
het god sy hemp aangetrek
en met ñ trek van pyn
op sy bebaarde-gesig
die laaste sandsteen-rots
met moeite ingeskuif op sy plek
toe met trots
en bewondering teruggestaan
om na sy handewerk te kyk .
Toe het hy
sy bebloede hande
met sy hemp afgevee
vorentoe getree
en moeg
met sy voete
in die water
gaan sit .
Later
toe die volmaan
nuuskierig-geelgoud
eenoog bo die kloof verskyn
en vir god gekreukel uit die rivier loer
het god opgestaan
sy hande
oor die rivier uitgestrek
( god was tevrede
met die plek )
en sy handewerk geseën .
Die kranse
het bo god uitgetoring
stil groots
misterieus in die nag
en die rivier
het nederig
vol van god
se sweet en traan’
voor sy voete verbygevloei .
god het op sy knieë gegaan
ñ bakhand vol koel-water opgeskep
en dit stadig
terug deur sy vingers
laat drup .
“ Ek doop jou Klein Sterkrivier ”
het god gefluister
en toe in die oomblik
van sy dankbare uur
in sy oomblik
van welbehae
“ jy mens sal ses dae
per week swoeg en sweet
maar jy moet weet :
die sewende dag sal jy rus . ”
Toe het god
sy kop moeg neergelê
en die naggeluide
het hom aan die slaap gesus .
( * Mabote River Lodge
20/07/2011 21h59
http://www.mabote.com/page.php?p_id=1 )

RUDI COETZER se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 2,394
Totale kere gelees : 871,496
Totale kommentaar : 18,028
Aantal mense wat die bydraer volg : 90
Nuuste bydraes deur RUDI COETZER die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur Willie Botes
Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer