Sharon Clack se profielblad

Sharon Clack

Inligting oor Sharon Clack

Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 1 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 3 ure 21 minute


Ek is wie ek is, soos ek is, waar ek is, wanneer ek is, wat ek is en hoe ek is. Ek is niks anders nie.

Skryf is vir my die heel lekkerste ... soos om sjokolade stadig in jou mond te laat smelt en elke smaaksensasie oor en oor te ervaar. Ek skryf eerder voor ek kook.

Ek skryf al van skool af ... meesal soos die woorde in my kop opkom, spoel die ink uit my pen uit.

Ek skryf in Engels en Afrikaans, want ek is Brit en Boer gebore met 'n stewige dosis Nederlandse en Joodse bloed en 'n vae herinnering aan verskeie Europese voorvaders en moeders.

Ek het al gepubliseer, maar daar is maar min mense wat Wiskunde en Engelse Handboeke wil lees as hulle eerder stories en gedigte kan lees :)))

Ek waardeer terugvoer, want ek is en bly 'n amateur. Ek skryf omdat ek mens is met gevoelens en vrese en drome en wense, soos alle ander mense. As my woorde vir iemand anders lekker is om te lees, dan kry my hart sommer warm, want dit gaan oor deel.

Daar is meesters daarbuite wat my asem wegslaan met hulle woorde. Ek staan op aandag vir hulle.

Baie dankie vir die voorreg om hier my gedagtes te kan laat uitspoel.

Ek behou alle regte tot kopiereg op my werk. Dis niks lekker as ander jou goed vat sonder toestemming nie. Dit sal 'n kompliment wees as iemand iets van my woorde wil gebruik, dus stuur my 'n e-pos sodat ons vir lank nog kan vriende bly.




Sharon Clack se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 68
Totale kere gelees : 7,418
Totale kommentaar : 72
Aantal mense wat die bydraer volg : 2

Geen nuwe bydraes deur Sharon Clack

     

    VuurWerke

    deur die Posman

    n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar