Snuffelgids se profielblad

Snuffelgids

Inligting oor Snuffelgids

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 7 jaar 1 maand 1 week 7 ure


 Hallo, my naam is Snuffelgids.
Ek is 21 en geniet my passie vir skryf. Niemand in my familie is skrywers nie, maar dit voel asof digkuns in my bloed is. Ek het my eerste digbundel gepubliseer, "Voedsel vir die Siel", omtrent die titel:Ek glo gedigte en enige stories is voedsel vir die siel. Dit laat jou in 'n droomland woon, waar jy kan wees wie jy wil wees en niks of niemand kan dit wegneem van jou af nie.

Ek kan nie my gevoelens vir jou vertel nie, maar gee my pen en papier, dan stort ek my hart uit.

As digter is daar een boek wat my gelukkig maak(daar is vele ander ook (: ....)Dit is die Groot Verseboek. Ek besit maar net Vol.1( Dit is mos in 3 volumes verdeel deur Andre P. Brink)maar dit moet die beste opvatting van gedigte wees. Ek glo en hoop dat ons digters van vandag ook eendag in 'n soortgelyke boek vereer kan word. (",)

Ek is tans besig met my 2de digbundel, maar hierdie een is Engels. Ek moet dit nog net publiseer. My 3de digbundel gaan oor fantasie, ek is besig om daaraan te skryf. Dit is vir mense met aktiewe verbeeldings.

Sommige van die gedigte wat ek plaas is afkomstig vanaf "Voedsel vir die Siel".
ISBN: 978-1-4535-3070-2
Vir bestellings epos my of bel my, (posgeld ekstra betaling).

PS: Ek het tans 'n plaaslike uitgewer gevind wat my boek sal druk, die afleweringsproses sal vinniger wees as die oorsese aflewering. Dit is 'n baie oulike uitgewer.(",)

GOOGLE ASB "VOEDSEL VIR DIE SIEL" EN LAAT WEET MY WAT JY DAAR SIEN! :)

My Facebook Page:http://www.facebook.com/pages/Voedsel-vir-die-Siel-nie-net-skryf-nie-maar-sommer-alles/210072755696288

*Ek is nie meer so baie op WOES nie, maar gereeld op Facebook. Ek plaas baie gedigte op my page, kom loer bietjie in asb!






 



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar