Soli se profielblad

Soli

Inligting oor Soli

Bydrae-kategorie: Gedigte & Gorrel

Lid vir 4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 23 ure


Gits nie altyd seker waar om te begin wanneer dit kom by 'n profiel van jouself op te stel nie.

Ek is gebore en getoe in Johannesburg, skool gegaan en gematrikuleer aan die Hoerskool DF Malan in Crosby, Johannesburg.

Ek sou nie se ek het altyd 'n voorliefde vir skryf gehad nie. My Afrikaanse opstelle op skool was pateties, vol skryf en taal foute. Tog onthou ek hoe ek in die Biologie klas altyd gesit en droom en dan met 'n gediggie of twee vorendag gekom en neer geskribbel het. Die klein gediggies het gehou tot na my kinders se geboortes en opgedroog. Iewerste tussen al my ou goed behoort die klein boekie nog te wees, wat ek graag eendag hier sal wil publiseer.

Toe my lewe aan die wankel begin raak in 2005, het ek weer begin skryf, in blog formaat, want in skryf kan ek beter uiting gee aan my gevoelens, gedagtes en dit wat ek wil weergee as in spraak. Wanneer ek 'n ding se of met iemand praat, kom dit gewoonlik krom en skeef uit en dan word dit nog boonop verkeerd geinterpreteer. Daarom wend ek my maar eerder na skryf.

Die skryf ding is ook nie 'n elke dag se ding nie. Wanneer ek erg geinspireerd raak, swaarmoedig of die woorde net begin vloei, dan vloei dit behoorlik.

Skryf is 'n uitlaatklep, 'n ontladings punt,'n versugting na vryheid om vrye teuels te gee aan diepere dinge wat nie almal altyd kan begryp nie. Uiting te gee aan diepere emosies en gevoelens, vrede te maak met omstandighede wat verby is en nie aan verander kan word nie, 'n sleutel tot diepe siele rus.



Soli se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 6
Totale kommentaar : 10

Geen nuwe bydraes deur Soli

 

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar