stefan s se profielblad

stefan s

Inligting oor stefan s

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Gedigte & Musiek en lirieke

Lid vir 4 jaar 1 maand 6 dae


Gedigte het my nog nooit aangespreek nie. Op skool was ek uiteraard verplig om daarmee te werk - tot my grootste frustrasie. Ongeveer 4 jaar terug het daar dinge in my lewe gebeur (op n rype 49-jarige ouderdom) wat my na die pen laat gryp het. En skielik het die woorde begin vloei...nie noodwendig sinvol en goed nie, maar dit het begin gebeur. n Nare gewoonte is om n gediggie tussen 10 en 15 minute te "pleeg" en as hy klaar is, lees ek dit nie eers weer deur nie. Soos die aanvanklike gadagtes neergepen is, so bly hy. Ek het baie onlangs eers besluit om na ander se werke te kyk en so by WOES uitgekom. So het ek oor die afgelope maand n paar gediggies geplaas en hoop om nog so paar te deel. Miskien kan die slimmes my help om daarop te verbeter.

n Groot droom oor jare heen was om lirieke (en melodieë) te skryf wat elders deur iemand gebruik kan word. Ek het onlangs eers daarmee begin. In die proses het ek op versoek eie Afrikaanse (geestelike) lirieke geskryf (let wel nie vertalings nie) vir When a child is born, Gypsey Woman en Broken Hallelujah. Dit is deur plaaslike kunstenaars gebruik met baie positiewe kommentaar maar nog nie opgeneem nie. 

Beide gedigte en lirieke is maar nederige en nietige pogings. So verdra en indien moontlik, geniet... 
(c) kopiereg voorbehou op al my plasings



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar