Bydrae-kategorie: Artikels & Gedigte
Lid vir 5 jaar 4 dae 9 ure 59 minute
So tussen die lag en die huil deur is ek.... ....nie ‘n skrywer nie, maar is geroer deur hierdie uitlaatklep en tik dit wat op my hart lê...op daardie oomblik. ....nie ‘n digter nie, maar voel soms geroer om reël in ritme en rym te plaas. Lees Talent en jy sal hoor wat ek sê. ....nie ‘n teoloog nie maar ‘n student van die Woord wat geroer word oor vryspraak vir hulle wat aangekla is deur die “aanklaer”, maar vrygespreek word deur die Vrymaker, my Here en my God. Dit alles gebeur nie op grond van wat ons is nie, maar op grond van wie Hy is en wat Hy gedoen het. Hy wat vir ewig groot is, het ons aanspraak nie aan onsself oorgelaat aangaande ons verhouding met Hom nie, maar ons voordat die aarde bestaan het beide geroep en vrygespreek. Dit laat my warm. Jy sien, wat my verstand te bowe gaan is dat wanneer ek nie in Hom is nie is ek koud. Wanneer ek my beste probeer is ek lou en sal Hy my uitspuug, maar wanneer ek die alfa en omega aan Hom laat … net dan kan ek in Hom wees en Hy in my. Hierdie Waarheid het my geroer (beweeg) en verander, maar dit het nooit die manier verander waarop Hy dit in my gedoen het nie. Dit is eeue reeds beskikbaar vir ons. Sy Woord bly tot in alle ewigheid dieselfde. Dis net mense se opinie en “bydrae” en gevoel wat oor Hom verander juis omdat ons daaroor geraak word. Daarom moet ons soos van die reformasie tydperk af altyd seker maak dat die beroering in ons nie teen die volle getuienis van die Woord ingaan nie. ..... Ek het ‘n klomp pragtige dogters waarvan die een mooier wil wees as die ander. Elkeen is gelys by dramaqueen.com . ‘n Wonderlike, pragtige deel is vir my afgemeet. (Ps 16:6) ( Outeursreg geld hier asb, behalwe Kinderdoop en relevante artikels. Daarvan mag jy druk en versprei soveel jy wil)

Stoffel se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 32
Totale kere gelees : 30,157
Totale kommentaar : 208
Aantal mense wat die bydraer volg : 27
Geen nuwe bydraes deur Stoffel

Woes-Nuus
Gedigte

deur natasha dutton
"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)