Sufsak en Walgwors se profielblad

Sufsak en Walgwors

Inligting oor Sufsak en Walgwors

Bydrae-kategorie: Kortverhale

Lid vir 6 jaar 2 maande 1 dag 10 ure 13 minute


Verbruikerswaarskuwings:
1. Sufsak en Walgwors se stories (veral Die Avonture van) moet verkieslik stadig gelees word. Of dalk selfs twee keer. Ons het ook gehoor dit help om dit in 'n groep te lees. Blykbaar is mens dan geneig om dit meer te waardeer, aldus 'n paar van ons lesersvriende.

2. Terloops, ons skryf nie ondertone in ons stories nie. As jy iets tussen die lyne lees is jy baie verbeeldingryk of onder die invloed van 'n onwettige middel. Stuur daarvan vir ons.

3. Sufsak en Walgwors is nie polities-korrek nie.

Goed, waar begin ons... Sufsak en Walgwors (ook bekend as S&W) is die breinkind van Rupert "Sufsak" Stander en Coert "Walgwors" Welman. Storietyd saam met Sufsak en Walgwors 1 tot 12 is tussen 1995 en 1997 gepubliseer in die Venturi, die koerant van die destydse Tuks Ingenieurshuis, met een van ons vriende as die redakteur. Sy eerste probeerslag het bestaan uit drie artikels, 'n advertensie en omtrent 3 bladsye se Finansies & Tegniek grappies. Oulik, maar sonder byt. Toe nader hy ons om ons avonture met die algemene publiek te deel. Dis nou indien ingenieurstudente as algemene publiek getel kan word. En dis waar S&W gebore is.

Ons laaste amptelike storie het egter verlore geraak na 'n rekenaarineenstorting voor ons die nodige rugsteun kon doen. Dit het gehandel oor S&W se infiltrasie van die gevreeste Hennopspark Hoendermafia.

In hulle alter ego hoedanigheid, tree S&W tans op as normale en gerespekteerde lede van die samelewing en dus om veiligheidsredes word die volgende gesensorde foto hier geplaas. Dis nou ons eie veiligheid, aangesien Sufsak reeds getroud en pa van twee seuns en 'n dogter is en Walgwors ook getroud is met 'n pienkvoet oppad. As hordes pragtige jong dames hulleself aan ons wil offer gaan daar moeilikheid in die onderskeie huishoudings wees...

Ons het vanaf storie nommer 13 (wat die eerste nuwe een is) die titel verander na Die Avonture van Sufsak en Walgwors. Dit is so herdoop omdat ons nog steeds avonture het, maar in ons nabetragting van elke avontuur lewer ons bietjie sosiale kommentaar. Ons is immers die man op die straat. En ook gryser en wyser as in ons studentedae, dus sien ons nou sulke goed raak.

Tans skryf ons minder weens werksdruk. Ons moet die rekeninge betaal op een of ander manier.

Meeste kommentaar op ons werk volg die volgende trant: vreemd, siek, dog deurspek met oomblikke van briljantheid.

Geniet!


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar