Swartberg se profielblad

Swartberg

Inligting oor Swartberg

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Gedigte & Musiek en lirieke

Lid vir 5 jaar 1 dag 8 ure


Marius Alberts (Swartberg) is aan die Oos-Rand gebore in die mooiste, mooiste maand in Suid-Afrika: Oktober 1963. Hy matrikuleer in 1981 aan die Hoër Tegniese Skool Benoni en begin in 1982 sy studies in Verpleging aan die Ann Latsky Kollege van Verpleging (verbonde aan die destydse JG Strijdom Hospitaal). Hy behaal ’n Nasionale Diploma in Verpleegkunde en spesialiseer later in Intensiewe Sorg.

Met woorde speel en skilder hy al vir baie jare. Hy is ’n paar tale magtig, maar sy voorliefde bly sy moedertaal, Afrikaans. Al sy skryfwerk was op velle papier in laaie gebêre of iewers op sy rekenaar bewaar. Teen die einde van 2012 kom ’n vriendin op ’n paar van sy geskrifte af en lees dit. Onder haar aansporing plaas hy ’n gedig op ’n skrywers forum en ontvang besonder positiewe terugvoer van die lesers. Sy eerste digbundel Skakerings van Grys verskyn vroeg in 2013 by Kwarts.

Sy stokperdjies is uiteenlopend, maar loodglaswerk, tuinmaak en sy liefde vir die natuur en lees, geniet voorrang. Hy lees gemiddeld twee boeke per week en het ’n besondere liefde vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Alles wat gaan oor die Afrikanervolk lê hom veral na aan die hart.

Tans werk Marius op ’n luukse passasierskip, vaar oor die oseane en verken die kontinente. Wanneer hy in Suid-Afrika is, gaan hy tuis in sy vakansiehuisie in Calitzdorp. Daar kom hy tot rus en laai sy batterye vir die maande op see wat dan weer voorlê. Onder die Swartberg en by die Klein Karoo se mense kry hy al die inspirasie wat enige skrywer kan begeer.

Marius is besig met ’n skryfkursus en dis vir hom ongelooflik om te besef hoe sy styl met tyd verander en verfyn. Intussen het hy alreeds weer ’n klomp woorde bymekaar gesit en sal nog sien waarheen dit lei.

“Het ek maar gister alles geweet wat ek vandag weet en vandag alles geweet wat ek môre gaan weet, dan sou die lewe soveel makliker gewees het. Daar is egter ’n positiewe kant aan die hele ding: Om nie te weet nie, maak die reis soveel opwindender!”


Al my werk bly my eie behalwe met geskrewe toestemming


Swartberg
(Marius Alberts)



WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar