Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte
Lid vir 4 jaar 3 weke 1 dag 2 ure 31 minute
Ons is 'n gelukkige familie, het elkeen maar ons eie geite maar is baie spesiale geite wat mekaar nie seermaak nie en spasie vir mekaar bied. Anton en ek is vir 35jaar getroud ons het drie seuns en een dogter waarvan ons drie oudstes, seun en dogter en seun getroud is, en ons laatlammetjie seun nog in die huis is. Ons het vier kleindogters en het elkeen op 'n besondere wyse lief. Elkeen is uniek en baie spesiaal.l
Ons doen opheffingswerk en is huidiglik besig met 'n fondsinsamelingsprojek vir Bridgette. Bridgette is 'n 15 jarige dogter met lewerversaking. Sy moet 'n lewensnoodsaaklike lewervervanging kry. Die musieknaweek wat ons vir Bridgette gereël het op 26 en 27 Aug was 'n groot sukses en Bridgette se droom is bewaarheid, sy hetop 26 Aug haar lied "Winterhope" op cd vrygestell en haar cd is tans beskikbaar, alle verkope gaan vir fondse vir haar operasie. Die Saterdagaand 27 Augustus se skole sang kompetisie was 'n groot sukses en die wenners het deur en deur hul fantastiese pryse verdien waarmee hulle beloon is.
My foto's is die van my, Anton my man en ons kinders met hulle ander helfdes en Lehan ons jongste, alleen op die foto met die swarthemp en ons een kleindogter Cheroldine. Klein Jayden ons dogter sy meisiekind word ook al 2 jr in November. En die ander wonderlike ding wat op hande is, is dat ons seun Alton en Natasha 'n tweeling verwag, ons sal binnekort weet wat die geslag is en sal dit ook hier byvoeg. Niemand wat nie self kleinkinders het sal daardie trots van 'n ouma en oupa verstaan nie.
Dankie vir almal se liefde en ondersteuning en almal wat my werk lees. Dit word baie waardeer.
Tebseil en gesin groete

Tebseil se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 254
Totale kere gelees : 176,939
Totale kommentaar : 718
Aantal mense wat die bydraer volg : 25
Geen nuwe bydraes deur Tebseil

Woes-Nuus
Gedigte
