Toiletpapier se profielblad

Toiletpapier

Inligting oor Toiletpapier

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke & Gedigte

Lid vir 2 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 11 ure 51 minute


Die Kern Van My Menswees ...
Ek is 'n kind van die aarde ...
grond onder my voete
reen op my vel
gras onder my lyf
hug a tree today
tone in die seesand begrawe
my gemoed so ontstuimig
soos die see
my longing soos die
laat middag wind
wat oor die verlate strand sand opswiep
en teen die rotse vas donder...
en die veraf gefluit en whoor-whoor
wat om die hoeke koor
ek het lief met die passie van reen
wat indring waar jy dit nie graag wou he nie
soms hard en stormagtig
soms soos fyn motreen
jy kom dit dalk nie agter
ek is 'n fingerpunte meisie
en streel oor alles
saggies
liggies
fyntjies
want alles is vir my te kosbaar
om net daaraan te vat!
ek spandeer nagte alleen
verwonderd onder hierdie
magiese wonder melkweg wereld
plat op my rug op die gras
en wag dat alles op my intuimel
met sterre in my oe
en droom ...
van liefde
wat ek nie ken nie
van mense wat ek nie ken nie
van hartseer wat nie myne is nie
refleksies van die maan en sterrenag
skyn oor my en se vir my
jy is myne
raak rustig vannag
en in die stad
tussen mense en karre
gaan ek stilletjies dood
so ek kruip kruip weg
versigtig
dat niemand my ek ontdek
en dit vernietig
dit is ek...
Deur Toiletpapier



vir koeitjies en kalfies

deur DMJR

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar