Tom Brown se profielblad

Tom Brown

Inligting oor Tom Brown

Bydrae-kategorie: Artikels, Gedigte & Musiek en lirieke

Lid vir 5 jaar 1 maand 1 week 3 ure



Suid-Afrika is my geboorte land en vaderland. Ek het Afrikaans groot geword en skoolgegaan in die Pretoria omgewing. Afrikaans was my swakste vak op skool ek het eers later ‘n belangstelling in letterkunde ontwikkel. Ons vriende was in elk geval meer by die spruit as by die skool. Daar was van die ouens wat later skaak erg begin speel het ek self was nooit juis goed.

Na skool was dit meganiese ingenieurswese en toe oor na metallurgies maar ek het die kursus nie kon voltooi nie. Dit was toe waar ek later ook onder meer eerste jaar wiskundige statistiek gedruip het.

My werkservaring is baie uiteenlopend. In die tyd van die swart gevaar was ek by Krygkor, en later aan selfs vir ‘n paar maande ‘n petrol joggie by die toe BMW garage hier naby. Daar was ook onder andere klas gegee, skool gegee, korrespondensie onderrig en orals derrduisende vraestelle en werkopdragte om te merk.

Sommige ingenieurs vriende het groot planne gehad hier met die dot-bom storie. Onder andere wou hulle ‘n presiese replika van die Titanic passasiers boot bou en my opdrag was om sekere rekenaar numeriese regressie metodes te ontwikkel. Stel dit so darem, my program het verder gekom as hulle skip.

Publikasies was maar min maar my betrokkenheid by teoretiese navorsing nogal divêrs, en dit in stogastiese prosesse, evolusie prosesse en astrofisika. Ek het ‘n wiskunde meestersgraad en ‘n doktorsgraad in toegepaste wiskunde verwerf.

Dit is vir my ewe gemaklik in ‘n boemelaar se geselskap op die sypaadjie as op ‘n boer se plaas in die vêrre Noorde of ‘n professor en sy gade by ‘n inhuldiging. So het ek allerhande baie interressante mense leer ken en alle kante van die lewe gesien.

Ek is trots daarop om ‘n Suid-Afrikaner te wees, en om Afrikaans te wees. My hunkering is na die Pretoria Universiteit kampus, na die see en Oos-Londen.

Let asb daar is ‘n paar gedigte hier wat lank terug geskryf was en ek voel nie noodwendig meer dieselfde oor dinge nie. Heelwat van die werk hier is dan ook verwerking en afronding van gedigte van destyds, dit is meestal middel 90s.



Tom Brown se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 30
Totale kommentaar : 57

Geen nuwe bydraes deur Tom Brown

     

    Dagboek van die tuinvoëls

    deur http://www.woes.co.za/

    Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar