Premium+ Lid
Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke & Gedigte
Lid vir 11 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 18 ure
C.S. Steenekamp
Vir my was dit altyd asof poësie iets buite-aards was, amper asof die skoonheid van taalgebruik iets onwerkliks was; iets waartoe ek nooit in staat sou wees nie. Dit het onmoontlik gelyk om te voldoen aan die hoë eise wat rym en ritme aan taalgebruik gestel het.
Bowendien dink ek nie ek het, of kon, enige konflik of emosie beleef wat nie reeds deur die eeue heen op skrif gestel is nie. Sedert skrif uitgevind is, worstel wysgere, denkers en digters om die eenvoudige vraag "Wat is die mens" te probeer beantwoord.
Wie sou dan belang stel in wat ek te sê het? Daarom skryf en dig 'n mens seker maar net vir jouself. Net soms haal jy die vrug van jou verbeelding en arbeid uit die onderste laai en kyk weer daarna; en wonder of dit iets beteken.
Baie dankie, Willem ... en AL die Woes-vriende! Ek voel tuis.
Kopiereg op al my gedigte word voorbehou.
Vesting se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 61
Totale kommentaar : 302
Aantal mense wat die bydraer volg : 7
Geen nuwe bydraes deur Vesting
deur neels claasen
Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word