Vic Viviers se profielblad

Vic Viviers

Inligting oor Vic Viviers

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 7 maande 3 weke 5 dae 5 ure 39 minute


Jacobus PJ [Vic] Viviers

Gebore en grootgeword in die verre Noord-Transvaalse bosveld gedurende die groot depressie en moeilike jare van die tweede wêreldoorlog.

Laerskool: Unitas skoolplaas te Swartwater. Hoërskool: Piet Potgieter te Potgietersrus. Tersiêr: Tukkies en Unisa.

Hy en sy wederhelf kruip tans weg in Wildernis se wildernis tussen Knysnaloeries en ‘n verstommende verskeidenheid voëllewe, waar blouape tussen die pers blomme van die bosklimop, soms bietjie lastig raak. Dit alles met ‘n panoramiese uitsig oor die Langvleimeer, die roep van jakkalsvoëls en visarende en die Indiese Oseaan se veraf druising.

Volgens Vic is hy ‘n professionele syferman met ‘n onderdrukte kunstalent en skeppingsdrang. Hy het hom al besig gehou met ewigdurende beweging [te vergeefs], motorontwerp ;-), skilder en beeldhou, maar deesdae meestal met koperwerk en fotografie. Ouderdom is besig om Vic se verslawing aan ski en backpacking ‘n stadige knou toe te dien…

Hy ondervind van tyd tot tyd ‘n drang om ‘n gedig neer te pen – nie poëtiese diep goed nie, maar eerder iets oor die oomblik – heelwat hiervan by of van sy braaivuurtjie en soms maar sommer lekker nonsies, “maar die goed is vir my soos foto’s – dit laat my terugdink aan 'n besondere oomblik”.

Vic hou daarvan om sy gedigte – noem dit maar versies of rympies – kompak te hou, met versvoet en rym uit die oude doos. In Digter som hy dit netjies op:

ek pen die helder oomblik neer
geprik deur digtersdrang
met insig en emosie skerp
in woorde vasgevang

September 2011

[Alle regte op my werk voorbehou]



Vic Viviers se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 68
Totale kere gelees : 3,170
Totale kommentaar : 247
Aantal mense wat die bydraer volg : 1

Nuuste bydraes deur Vic Viviers die afgelope 7 dae

Gedigte

  • deur my skibril
    •  

      Vader, vergeef

      deur L.T.

      'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



      picture

      Kompetisies

      Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

      picture

      Nuusbriewe

      Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

      picture

      Winkel

      Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar