Bydrae-kategorie: Artikels & Gedigte
Lid vir 12 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 3 ure
"O Here, wanneer jy weer hierlangs verbykom
- dink aan oom Martin, aan Daantjie, aan my ma...
Maak hulle wakker sodat hulle nog net één keer
mag sien hoe wonderbaarlik is hierdie wêreld,
nog één keer opgewonde soos perde op stal
die vars oggendlug van oneindigheid mag ruik"
~Breyten Breytenbach~
Woorde ~ wonderbaarlik beskrywend, in digvorm toegewy aan emosies wat agter maskers versteek word, in gatsakke en sielsakke en hartsakke ingefrommel word, oor lippe nie ge-uiter, agter oë verbloem, maar wanneer jy jou hart uitsteek en daaraan kan raak, vind jy die mooiste deel van menswees agter sulke sluiers versteek - bang vir seerkry, bang vir spot, bang vir weerloos wees, bang vir oordeel. Mens propvol mens, weerloos(of dapper?) in 'n wêreld gestroop van menslikheid of is dit gestroop van goddelikheid? Die kern van die mens, verrot en bankrot en meteens, op 'n dag onbekend, sy gees verstrengel in die Alom-Gees, ken opeens die stomheid in 'n hart volgeprop van woordelose emosie. Wanneer een hart aan 'n ander hart kan raak en die menswees daarin verskuil kan help geboorte gee aan die weerlose dapperheid van steeds 'voel' in 'n gevoellose wêreld, dan plak ons plakkers orals op om te herinner aan die mooi in elk gekneusde hart met die doel om dit weer te laat leef en die wêreld vol van woorde, gevul met die mooiste mooi van menswees, op te tooi.
vlooi se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 25
Totale kommentaar : 55
Aantal mense wat die bydraer volg : 2
Geen nuwe bydraes deur vlooi
deur Christo Nel
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.