Vossie se profielblad

Vossie

Inligting oor Vossie

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 13 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 20 ure


 
Ek is een van 1960 se kortgatte.  
Ek het in Februarie 2007 begin gedigte skryf. My familie is nie juis skrywers nie en het ek geen formele skrywers-opleiding deurloop of voorheen daarin belang gestel nie dus is dit ietwat vreemd. In my soektog na ander gedigte kom ek toe op Woes af. Willem: “Baie dankie vir Woes!!”

Net gou ‘n moontlike aanname regstel: Ek is nie ‘n skrywer se g@t nie maar ek probeer om gedigte te skryf. Sommige is goedkoop rympies en soms grappig terwyl ander …wel, oordeel maar self.
Wanneer woorde ontbreek of stres my gedagtes ontwrig skryf ek iets anders wat jy hopelik interessant, nuttig of dalk oulik mag vind (onder Happies of Artikel).
Ek is meestal ‘n waarnemer, dink ek!  
 
Nooit gedink ek sal ooit iets onder ‘Kortverhaal’ plaas nie en toe verras ek myself!
 
 
Kry die gooimesse van kritiek uit maar onthou; net vleiswonde asb. (Kritiek en kommentaar is altyd welkom.)
(Wanneer ek kommentaar lewer, vat dit van wie dit kom, ‘n leek! Help my asseblief reg indien ek die boodskap mis.)


My Woes vriende? – ek is soos ‘n boemelaar (nie bedelaar nie!), sal met almal praat– almal wie my woorde geniet sal ek as ‘n vriend beskou en, indien jy dit geniet is jy beslis op my naamlys.
O ja, ek sal ook daai kopiereg goeters voorbehou indien ek wonderbaarlik iets oplewer wat noemenswaardig is. (Nogal ernstig hieroor.) Lees gerus: Moet ek ...of nie? Ek dink dit sal verduidelik hoekom. (Vra gerus as jy regtig iets wil druk of gebruik.)
Baie dankie dat jy op my blaadjie kom loer het, geniet jou dag. Vossie.



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar