Bydrae-kategorie: Rubrieke & Gedigte
Lid vir 1 jaar 7 maande 1 week 2 dae 12 ure 27 minute
Wie is ek? Ek dink dis vir almal 'n moeilike vraag om kortliks te beantwoord... Osho beskryf hierdie vraag vir my baie mooi, nl.: 'Meeste van 'n mens se idees van jou Self is geleen - geleen vanaf diegene wat geen idee het wie húlle werklik is nie.'
In 'n uiterlike wyse sal ek die volgende beskrywing van myself gee: Ek is 'n Vrystaatse plaasmeisie, maar woon die afgelope 11 jaar in Johannesburg. Kompeterende sport het tot 2002 die meeste van die energie in my lewe opgeneem. Die res van my energie (in die verlede) is opgeneem deur swak keuses in verhoudings en intense innerlike worstelinge aangaande wie ek is, wat my doel in hierdie lewe is, ens.
Na 'n intense en lang innerlike, geestelike, pad kan ek vandag met vrymoedigheid, eerlikheid, openlikheid en blydskap verklaar dat ek uiteindelik weet wie ek werlik is: "EK IS DAT EK IS - 'n Ewiglewende geestelike wese." Konstante self-oortreffing is die sleutel en daarom sal ek ook, net soos my Skepper, op enige oomblik Wees wie ek sal Wees.

Thalita Goosen se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 3
Totale kere gelees : 631
Totale kommentaar : 6
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur Thalita Goosen

Woes-Nuus
Gedigte

deur Christo Nel
Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.