Bydrae-kategorie: Algemeen, Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte, Woes-nuus, Musiek en lirieke & Gorrel
Lid vir 6 jaar 3 maande 4 dae 6 ure 16 minute
Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.

Willem Woes se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 349
Totale kere gelees : 830,206
Totale kommentaar : 959
Aantal mense wat die bydraer volg : 52
Geen nuwe bydraes deur Willem Woes


deur Christo Nel
Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.