Wyse Gryse se profielblad

Wyse Gryse

Inligting oor Wyse Gryse

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 7 jaar 6 maande 1 week 1 dag 13 ure


Hulle sê dat 'n mens nie geken word aan dit wat hy besit, dit wat hy is of dit wat hy doen nie maar dat 'n mens geken word aan die wysheid wat hy/sy openbaar.

'n Man se grootste bate is nie sy rykdom aan aardse goed wat hy besit of geld nie, maar sy rykdom word geopenbaar deur die liefde wat sy geliefdes in hom koester. Die man se grootste bate is dus die een wat sy geeslewe met hom deel. 'n Man moet na die innerlike kyk. Want die vlees is net tydelik. En 'n man moet kan huil...ek bedoel, lekker huil, snot en trane huil. Dan is 'n man mos 'n man.

Maar 'n ware man se karakter word bepaal in sy verhouding met God. En ek kan met eerlikheid sê dat ek die Vader liefhet en dat Hy Sy geheimenisse met my deel.

Ek is dus baie ryk!

Hierdie dinge veroorsaak dat ek met woorde kan dig! Hierdie dinge laat toe dat ek my gedagte-stories in verhale op papier kan vaspen.

Ek is maar net ek, Wyse Gryse.



Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar