YML se profielblad

YML

Inligting oor YML

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke & Kortverhale

Lid vir 9 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 4 ure


"Ek sal hulle skop soos ek Marlene geskop het!" verseker ek my vriend Steven. Hy glimlag en los sy pakkies by my terwyl hy Crazy Store toe gaan. "Ek't haar nie regtig geskop nie," mompel ek aan myself, "Net ge-nudge met die voet." Dan met 'n ondeunde glimlag onthou ek: "Maar ek het vir Corrie geskop! Op die kortrib dat sy wip!" (Sy’t nie regtig ‘gewip’ nie. Dis maar net my ego wat so dink. Koeie is dikvellig en dit was vir haar seker soos ‘n brommer wat teen haar vasgevlieg het…)

Marlene en Corrie was twee van ons 300kg, 2m hoë, Holstein Fries melk-koeie op die plaas, Quebec, waar ek saam met my ma, 'n loseerder, Steven en Johnny (ook bekend as die Quebec-Clan) gebly het.

En dis hoe ek is: klein, maar vurig en nie maklik om, om te stoot nie ;) Ek sien kans vir dinge baie groter as ek. Die natuur is vir my asemrowend en ek wil altyd deel wees van wat daar aangaan; altyd in twee geskeur tussen my passie vir skryf en die lug daarbuite. Maar vir baie jare het ek die ware ek onderdruk ter wille van 'n vaste werk, salaris en sogenaamde (“overrated”) selfstandigheid. Die een maatskappy na die ander het om my gevou (nie my skuld nie), of my salarisse het nie my lewenskostes gedek nie, of... twaalf werke (uitsluitend kroeg, casino en restaurant kelnerin) en tien jaar later besluit ek finaal om op te gee op oorlewing.

Op ouderdom 34 trek ek terug huis toe om voltyds te skryf. Dit was soos om op ’n toegetrekte, donkermaan nag die lantern te bekruip en nie 'n liggie in sig is nie!

Met geen formele opleiding nie, geen hoop op formele opleiding nie, en geen mentor nie, het ek net besluit ek gaan dit my alles gee vir solank as wat dit neem... en my ma my R570 se skuld elke maand vir my kan betaal, my kan voer en vir my slaapplek kan gee. Maar my moed is vlak.

My eerste inspuiting kom van my chemiese ingeneur nig Annie af deur ‘n sms (voorafgegaan deur ‘n laataand hart-tot-hart geselsie):
”Ons lewensreis sluit ompaaie in, gebroke drome, verkeerde afdraaie, doodloopstrate, maar op Sy tyd gee God wysheid en rigting. Ek glo NOU is die tyd vir jou en JY gaan dit maak. Ek is lief vir jou.”

En die Here seën my onverwags. Uit die niet het kry ek 'n geldjie en doen daarmee 'n aanlyn tydskrif joernalistieke kursus by SA Writers College. Puik! En per geluk ontmoet ek Prof. Hans Du Plessis, wat ek nog nooit eens van gehoor het nie, by sy boekbekendstelling van Verbrande Paradys en hy doen my die eer om te reël dat die ATKV my borg vir 'n prosa Herfsskool! Ek het voorwaar baie om voor dankbaar te wees. Ook teenoor vreemdelinge soos Karola Bierman wat sê ek moet haar bel as ek doodgaan van die honger en dan sal sy darem vir my 'n broodjie gee ;)

Nou, na baie self-ontdekking, navorsing en inspuitings later, is ek klaar met 'n geskiedkundig, feitlike draaiboek vir 'n vollengte film (wat reeds ‘n span het, gereed om ‘n dokumentêr te maak en dan die film), 'n aksie novelle oor 'n sluipmoordenaar, 'n half Flaamse, half Afrkikaanse roman (ek sal ‘n tolk moet huur, want ek ken niks Flaams nie), 'n komiese roman oor 'n man wat vrou soek (wat nou dalk ‘n TV reeks gaan word) en 'n engelse novelle oor perde en 'n realiteits program in Engeland. Plus nog duisende idees wat ooral op papiertjies verstrooi, of gebêre is, of lê en broei tussen my immer vermenigvuldigende woordeboeke :)

En ek sê dankie: vir God vir die talent, die lyding en leiding wat Hy my gee, en vir my ma wat van ek 'n kind was in my geglo het en nou nog onwrikbaar doen, ten spyte van familie en vriende se onsteltenis en vrese dat ek nie 'n inkomste het nie, my niggie se onwrikbare geloof, my tannie wat nou begin vertroue kry het in my vermoëns en my verloofde wat my 1,000% ondersteun. En elke dag word die lys langer en langer…



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar