Digters: A-Z : S

0-9 · A · B · C · D · E · F · G · H · I · J · K · L · M · N · O · P · Q · R · S · T · U · V · W · X · Y · Z

Soek 'n spesifieke bydraer deur in die boksie te begin tik. As jy "Willem Woes" soek kan jy begin deur net "Wil" te tik en alle bydraes wie se name met "Wil" begin sal vertoon word. Kliek dan net op die naam wat jy soek.

Bydraer:

S eM S eM


Stille waters, diepe grond . . . . . . en onder draai ALMAL wat ek liefhet rond! 



S Erasmus S Erasmus


Ek's lief vir skryf, dis al. Ek geniet die Woes-familie van skrywers en digters wat nog tyd maak om nie net mekaar se werk te lees nie, maar ook deurlopend kommentaar lewer - dit is 'n baie groot aansporing. Baie dankie aan almal wat bydraes...



S Martin S Martin


Ek luister en lees graag stories wat vriende en familie te vertelle het. Skryf is nuut vir my, maar ook dit geniet ek ten volle!



S.J Smit S.J Smit


Soos klei, elke dag anders, uniek. Op party plekke is die klei maar dun en op ander plekke te dik. Partykeer wens ek die bakker wil my in die oond sit en klaarkry. Glimlaggende  Groete Faan



S29 S29


Vriende wanneer die lewens golwe onstumig teen die rotse breek,vriende wanneer die son in die weste sak,vriende wanneer die reenboog die wolke verf,vriende wanneer die hemelligte flikker.Toegevou in eerlikheid opregtheid en vrede



 1 2 3 4 5 6 >  Kies vir my  55 56 Laaste ›


Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar