Soos ons almal het ek ook stampplekke, kneus wonde en honderde littekens. Dis wat ons ontwikkel in wie ons op hierdie oomblik is. Skryf is vir my 'n geleentheid om daardie wonde en littekens heel te maak of net bo-oor te lag anders haal dit...
Woorde was altyd my maat totat ek dit vir 'n paar jaar verwaarloos het. Vandag tel ek weer my pen op met nuwe stories wat deur potlood op papier draf en saam met my woorde, 'n pragtige blou-oog dogter en haar groen-oog pappa. My lewe...
Nadat ek as kind langs die treinspoor groot geword het het ek self baie jare diens op die spoorwee voltooi. In my dienstydperk het ek die einde van die stoomera ervaar en is dit vandag met groot deernis wat ek oor hierdie tye skryf om...
Eenvoudig... Geen bo-gemiddelde intelek nie... Verseker ook nie sonnig nie... en geen beelde van wollerige wit hasies wat tussen die groen grassies rondwip nie... Net ek... Net my gedagtes... Soms donker, soms "te", maar altyd net ek... "One thing about my writing... No on else can...
Ek het die rustigheid van die natuur gevind. Geen ander plek as in die Vrystaat! Dit is inderdaad wonderlik om sommer tussen die berge, die harde, ongerepte grys vlaktes van die winter te kuier en die kraak van die ys onder jou voete te voel....
deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'